<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

My loopbaan vorentoe

Module 7

Leerstyle

Soorte leerstyle

Een van die eerste dinge wat vir ons vertel watter soort mens ons is, is die voorkeur (styl) wat ons het ten opsigte van hoe ons leer. As jy weet watter leerstyl jy verkies, kan jy maniere ontwikkel om te kompenseer vir jou swakhede en jou sterk punte te ontwikkel.

Leerstyle is dus bloot verskillende benaderings tot leer.

1. Visuele leerders

  • Leer deur te sien
  • Wil die onderwyser se gesigsuitdrukking of lyftaal sien
  • Hou daarvan om voor in die klas te sit
  • Hou daarvan om notas te maak in die klas
  • Dink in prentjies
  • Leer dikwels die beste d.m.v. diagramme, prente, die oorhoofse projektor, video’s, ens.

2. Ouditiewe leerders

  • Leer deur te luister
  • Hou daarvan om in die klas te luister en deel te neem aan besprekings
  • Leer deur op te let na stemtoon, stemhoogte en praatspoed
  • Baat by hardop lees van teks en die gebruik van ‘n bandopnemer.

3. Tas- of kinestetiese leerders

  • Leer deur te beweeg, te doen, aan te raak
  • Leer deur die wêreld te ondersoek – ‘n ‘doen’-benadering
  • Raak rusteloos as hy of sy te lank moet stilsit.

Wat is my Leerstyl?

Aanwysings:

  • Tik die blokkies af wat jou die beste beskryf. Die lys met die meeste regmerkies behoort jou dominante leerstyl aan te dui.

Lys 1 – Visuele Leerstyl (Sien)

1. vra dat verbale instruksies herhaal word

2. hou spreker se gesigsuitdrukkings en lyftaal dop

3. neem graag notas om later na te kyk

4. onthou die beste deur feite verskeie male neer te skryf of prente en diagramme te teken

5. spel goed

6. draai radio of TV se klank hard

7. volg nie verbale instruksies nie

8. hou daarvan as inligting visueel voorgestel word (op bord skryf, ens.)

9. kan goed grafieke, kaarte en ander visuele voorstellings maak

10. kan aanwysings op kaarte maklik verstaan en volg

11. glo dat die beste manier om iets te onthou d.m.v. ‘n geheuebeeld is

12. volg geskrewe instruksies beter as gesproke instruksies

13. goed met legkaarte

14. hoor dikwels die woorde van ‘n liedjie verkeerd

15. goed met visuele kuns (teken, skilder, ens.)

Lys 2 – Ouditiewe Leerstyl (Hoor)

1. volg mondelinge aanwysings beter as geskrewe instruksies

2. sal eerder na ‘n lesing luister as om oor ‘n onderwerp op te lees

3. verstaan werk beter wanneer dit hardop gelees word

4. sukkel om werkboeke netjies te hou

5. verkies om na die radio te luister eerder as om die koerant te lees

6. sing, neurie, fluit dikwels

7. hou nie daarvan om van ‘n gryserige rekenaarskerm af te lees nie

8. kan maklik tussen soortgelyke klanke onderskei

9. benodig die verduideliking van kaarte, grafieke en diagramme

10. geniet om met ander te gesels

11. praat met self

12. gebruik dreunwysies om mee te leer

13. sal eerder musiek luister as na skilderye kyk

14. gebruik dikwels vinger as aanwyser wanneer gelees word

15. vertel graag stories, grappe en vergelykings om ‘n punt te illustreer.

Lys 3 – Tas- of Kinestetiese Leerstyl

1. vat dikwels aan voorwerpe

2. versamel goed

3. praat vinnig, met handgebare

4. vroetel gedurig (speel met pen, vroetel met sleutels, ens.)

5. goed in sport

6. haal goed uitmekaar, sit weer aanmekaar

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask