<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ja, daar moet 12 merkies wees. Begin by die boonste merkie en plaas die byskrif binne die sirkel: 12. Gaan dan kloksgewys verder en nommer elke vou in die sirkel. (Die spasies tussen die nommers behoort dieselfde te wees omdat jy dit gevou het om die posisies aan te dui.) Nou het jy die ure neergeskryf .

Knip nou die tweede sirkel (op die uitknipvel) uit. Merk die ure soos jy dit so pas vir die vorige sirkel gedoen het. Hierop gaan jy nou die minute merk. Daar is 60 minute in 'n uur. Hoeveel minute sal daar dus tussen die merke vir die nommers moet wees? Ja: 5, d.w.s. 5 spasies . Maak vier klein merkies om die 5 minute af te merk en plak dan die sirkel bo-op sirkel nommer 4. Nou het jy 'n analoog- horlosiewyserplaat gemaak.

O m uit te knip

TOETS JOU VAARDIGHEID MET ANALOOG-HORLOSIES

  1. Skryf die tyd wat aangedui word onder elk van die horlosiewyserplate:
1.1 __________________
1.2 _______________
  1. Teken die lang en kort wysers in op die volgende horlosiewyserplate om die tyd wat onderaan gegee word, aan te dui:
2.1 22 minute oor 2__________
2.1 22 minute oor 2___________

(Onthou jy dat die uurwyser ook stadigaan beweeg?)

2.2 17 minute voor 10

(Onthou jy dat die uurwyser ook stadigaan beweeg?)

2.3 kwart voor vier
2.4 twaalfuur

Analoog-horlosies kan nie vir ons aandui of dit oggend (voormiddag) of namiddag is nie. Ons moet self byvoeg of dit 9-uur in die oggend is, of 4-uur in die middag. Wanneer ons dit skryf, gebruik ons die volgende afkortings:

vm. = voormiddag

nm. = namiddag

V oorbeeld:

'n Kort manier om 42 minute oor 10 uur in die oggend te skryf is: 10.42 vm. 'n Kort manier om 36 oor 6 uur in die aand te skryf is: 6.36 nm.

Aktiwiteit 2:

  • Om te leer om die tyd vanaf digitale en 24-uur horlosies en stophorlosies te lees [4.1]
  • Om instrumente vir die meet van tyd, met inbegrip van horlosies, te gebruik [LU 4.3]
  • Digitale horlosies sê vir ons hoeveel ure en minute reeds na middernag verby is. Hulle werk van middernag tot middernag; oor 24 uur. Dit is nuttig omdat ons kan sien dat dit na ( oor ) die middel van die dag is sodra ons sien dat meer as 12 ure aangedui word, bv.:

Die eerste twee syfers, die 08, sê vir ons wat die uur is; let op die 0 wat verskyn as die ure minder as 10 is.

Die laaste twee syfers sê vir ons hoeveel minute oor die uur dit is.

08:35

Hierdie horlosiewyserplaat sê dat dit 35 minute oor 8-uur in die oggend is (die 08 is minder as 12).

22:05

Hierdie horlosiewyserplaat sê vir ons dat dit 5 minute oor 10-uur in die aand is (die eerste 2 syfers is meer as 12).

Middernag sal as 24:00 aangedui word.

Een minuut oor middernag kan as 00:01 of as 24:01 aangedui word.

Die middel van die dag sal 12:00 wees.

Een minuut oor die middel van die dag sal as 12:01 aangedui word.. Skryf volgens digitale tyd:

  • tien oor vyf in die oggend: _____________
  • twintig oor vier in die namiddag: ____________
  • kwart voor tien in die aand: ______________
  • drie minute voor een in die oggend: ________________
  • 8 nm. ___________
  • een minuut voor tien vm.: _______________

Bestudeer hierdie voorbeeld van 'n digitale horlosie:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask