<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 4

Meting, ruimte en vorms (meetkunde)

Module 10

Leer om tyd vanaf analooghorlosies te lees en te sê

Aktiwiteit 1:

Om te leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees, te sê en te skryf [LU 4.1]

Om meetinstrumente vir tyd, insluitend horlosies, te gebruik [LU 4.3]

TYD

  • Ons weet dat daar 365 1 4 size 12{"365" { {1} over {4} } } {} . dae in 'n jaar is. Vir die berekeninge in hierdie module mag julle egter 365 dae vir 'n gewone jaar en 366 dae vir 'n skrikkeljaar gebruik. 'n skrikkeljaar kom al om die vier jaar voor (4 kwart dae = 1 hele dag). Julle kan 'n skrikkeljaar uitken deur die laaste twee syfers van die jaartal deur 4 te deel. As daar nie 'n res oorbly nie, is daardie jaar 'n skrikkeljaar. Die jaar 2004 was 'n skrikkeljaar. Die ekstra dag word altyd by Februarie bygereken.

Daar is 24 ure in een dag. Daar is 7 dae in 'n week

Daar is 60 minute in 'n uur. Daar is 12 maande in 'n jaar

Daar is 60 sekondes in 'n minuut.

KORT SKRYFVORMS:

jaar = a

dag = d

uur = h

minute = min. (onthou dat: m = meters!)

sekondes = s

maand = md

week = w

Ons sal ook van tiendes en honderdstes van 'n sekonde in hierdie module te hore kom!

Analoog-horlosies toon slegs 12 ure. Hulle toon nie aan of dit oggend of middag is nie.

Die lang wyser beweeg elke uur reg rondom die sirkel. Dit dui die minute aan.

Die kort wyser neem twaalf ure om een keer om die sirkel te beweeg. Dit wys vir ons watter uur dit is.

  1. Skryf die tyd wat deur elke horlosie aangedui word:

1.1

1.2

1.3

Selfdoen

Op die volgende bladsy is twee sirkels. Knip die eerste een uit. Vou dit in die helfte. Vou dit oop en kleur een helfte in. Skryf OOR by die regterkantste helfte en VOOR by die helfte aan die linkerkant. Plak nou jou uitgeknipte sirkel hier onder.

VOOR OOR

Wanneer ons die minute lees, toon die eerste helfte (die een aan die linkerkant) die minute voor die wyser by die uur kom. Wanneer die lang minuutwyser op pad is na halfpad om die sirkel, sê ons dit wys minute oor die uur totdat dit klaar deur die halwe sirkel beweeg het. Nadat die lang minuutwyser halfpad om die sirkel gekom het, sê ons dit wys minute voor die volgende uur .

Knip nou die tweede sirkel op die “uitknip”-blad uit. Vou dit in die helfte en dan weer in die helfte. Vou dit oop en teken stippellyne al langs die voue. Nou het ons die uur in 4 kwarte verdeel. Dus kry ons nou 'n kwart oor die uur en 'n kwart voor die volgende uur. Skryf KWART OOR aan die regterkant en KWART VOOR aan die linkerkant en plak die uitgeknipte sirkel bo-op die sirkel hier onder.

KWART VOOR KWART OOR

O m uit te knip

Lees die aanwysings aandagtig; maak seker dat jy elke stap verstaan voordat jy dit uitvoer.

Ons gaan nou die ure op die horlosie se wyserplaat skryf. Op die volgende bladsy sal jy nog twee sirkels kry om uit te knip. Knip die eerste een uit. Vou dit in die helfte. Vou dit weer in die helfte. Jy moet dit nie oopvou nie. Maak nou twee voue op die kwart wat jy deur die vouwerk geskep het, sodat dit in drie gevou is en soos 'n roomyshorinkie lyk. Kan jy voorspel hoeveel dele daar sal wees wanneer jy dit oopvou? Maak 'n merkie aan die kant van die sirkel by elke vou en skryf die nommer van die uur by die merkie. (Die eerste een word aangedui.) Plak die sirkel op die een op hierdie blad.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask