<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 4

Persoonlike ontwikkeling

Module 11

Ken jouself

Identifisering van jou eie sterk punte en dié van jou maats en die gebruik daarvan om probleemsituasies in positiewe leerervarings te omskep.

Aktiwiteit 1

Om inligting oor jouself op ‘n tabel in te vul [lu 3.1]

Hier word in pare gewerk

  1. Gebruik die twee tabelle op bladsy 2 om die inligting oor jouself en jou spanmaat sonder bespreking of vergelyking in te vul. Probeer so eerlik moontlik wees oor jouself, maar wees ook regverdig teenoor jou maat.
  2. Ruil die tabel waarin jy jouself geëvalueer het met jou maat. Verduidelik die antwoorde aan mekaar.
  3. Ruil die tabel waarin jy jou maat geëvalueer het, met hom/haar. Bespreek weer. Pasop om nie kwaad te word vir mekaar nie. Let veral op daarna dat jou maat dalk positiewe dinge in jou raaksien waaraan jy nie gedink het nie.
  4. Omkring op jou eie tabel jou heel beste prestasie/eienskap met ‘n pen en jou heel slegste met ‘n potlood.
  5. Bespreek met jou spanmaat hoe jy jou beste, asook jou swakste prestasie kan verbeter.
  6. Skryf in een paragrafie wat jou mikpunt is t.o.v. van jou swakste eienskap en hoe jy dit gaan probeer verbeter (bv. My swakste eienskap is dat ek graag skinder. Ek gaan probeer om elke keer as ek iets leliks van iemand wil oorvertel, eerder iets moois van hom/haar te sê ).

Voorbeeld:

Naam: Annelie Beste prestasie/eienskap Swakste prestasie/eienskap
AKADEMIE 75% vir Afrikaans 42% vir Wiskunde
SPORT 3 de plek in naellope Kan nie tennis speel nie.
KULTUUR Sing in skoolkoor Slaag nie klaviereksamen nie
PERSOONLIKHEID Meestal vriendelik Skinder graag
VOORKOMS Blink hare Krom tone
Beste prestasie/eienskap Swakste prestasie/eienskap
AKADEMIE
SPORT
KULTUUR
PERSOONLIKHEID
VOORKOMS
My maat Beste prestasie/eienskap Swakste prestasie/eienskap
AKADEMIE
SPORT
KULTUUR
PERSOONLIKHEID
VOORKOMS

My swakste eienskap/prestasie is

Assessering

LEERUITKOMS 3: PERSOONLIKE ONTWIKKELING

Die leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te bou ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

3.1 eie sterk punte en dié van ander identifiseer, en verduidelik hoe om minder suksesvolle ervarings na positiewe leerervarings om te skakel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11095/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask