<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kolomme en Balke

Party raamstrukture het stutte wat vertikaal is en sulke struktuurdele word kolomme of stutte genoem.

Party strukture het ook dwarsdele wat aan hul ente of soms ook langs die lengte af gesteun word. Hierdie dele word balke genoem. Balke versprei dikwels ‘n las oor twee of meer kolomme.

Opdrag 14

Bestudeer die prentjies en verskaf die korrekte byskrifte.

[LU 2.1]

AGTERGROND

Bindbalke, Ankers en Stutte

Ankers hou die regoppale/stutte/kolomme in posisie en daarsonder sou die kolomme omval. Ankers is toue, kabels (‘n metaaltou) of kettings wat ‘n struktuur stewig in posisie hou deur daaraan te trek. ‘n Bindbalk is ook ‘n struktuurdeel wat ander dele vashou deur aan hulle te trek.

Baie raamstrukture het dele wat stutte genoem word. Stutte hou ander dele in posisie deur teen hulle te druk. Stutte word van materiaal gemaak wat nie kan buig nie, soos hout of staal.

Opdrag 15

Verskaf die korrekte byskrifte by die volgende sketse.

[LU 2.1]

AGTERGROND

In hierdie module gaan ons DOPSTRUKTURE ondersoek. Dopstrukture word meestal gebruik om hul inhoud te beskerm of te bevat. Hulle het geen raam nie, want hul vorm maak hulle sterk en stabiel om hulself van buite af te kan ondersteun. Hul sterkte lê dus in die dop self.

Opdrag 16

Wat het die vroegste bewoners van ons land, nl. die Khoisan, gebruik om hul kos en voorrade mee te vervoer of te dra? Voltooi die tabel:

Inhoud Struktuur
Pyle vir jag
Water
Wildsvleis
Bolle, Knolle
Melk
Mieliepap
Huis

Kies uit : kleipot, koker, volstruiseierdop, velsak, takskerm

[LU 3.1]

Opdrag 17

Al die materiale waaruit bogenoemde strukture gemaak is, is uit die Khoisan se onmiddellike omgewing geneem en gebruik. As enige van bogenoemde strukture sou breek, sou dit enige besoedeling veroorsaak? Motiveer jou antwoord.

[LU 3.2]

AGTERGROND

Uit bogenoemde aktiwiteit kan jy aflei dat dopstrukture baie vir VERPAKKING aangewend word. Vandag moet produkte veilig verpak word sodat dit ongeskonde by hul bestemming kan uitkom. Sekere noodsaaklike inligting omtrent die inhoud moet ook buite op die verpakking aangebring word. Verpakking wat kreatief ontwerp is, dra baie by tot die verkoop van die inhoud.

Opdrag 18A

Kies ‘n klein kartondosie en beantwoord die volgende vrae:

  1. Hoeveel sye het die dosie?
  2. Hoeveel pare teenoorgestelde kante het die dosie?

(c) Hoeveel rande het die dosie?

(d) Hoeveel hoeke het die dosie?

(e) Hoeveel flappe het die dosie?

LU/AS 1.3

Opdrag 18B

Maak dit versigtig oop deur die flappe oop te vou en die nate los te skeur. Stryk dit en plaas dit plat op ‘n A4-bladsy.

[LU 1.13]

Opdrag 18C

Teken die ontvouing van die oopgevoude boksie op 'n skoon bladsy oor. Dui die buitelyne met aaneenlopende lyne en die buiglyne met stippellyne aan. Nommer die sye wat dieselfde grootte is met dieselfde letters en die flappe wat dieselfde is met dieselfde getalle, d.w.s. dui die pare aan. (Sien voorbeeld.)

[LU 1.12]

Opdrag 19

Plak die ONTVOUING deeglik met die buitekant na jou toe op ‘n A4-bladsy. Dui die volgende byskrifte op die bladsy aan:

Opskrif : Inligting op ‘n verpakking

Byskrifte : Naam van produk, vervaardiger, omskrywing van produk, massa of inhoudsmaat, gebruiksaanwysings, kontakadres, bestanddele.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask