<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1.2 Groothandelaars

  • Groothandelaars is die verspreiders van goedere aan kleinhandelaars. Die publiek kan nie self by die groothandelaar koop nie. Hulle verskaf slegs voorraad aan die kleiner winkels in die stad. Hulle het gewoonlik groter besighede met baie stoorplek. Die produkte is op gewone rakke gepak, met minder aandag aan advertensie en winkelversiering.

1.3 Woonstelle en laer-statusbehuisingsone

  • Hierdie sone word gewoonlik gekenmerk deur blokke woonstelle of kleiner huise met klein erwe. Dink byvoorbeeld aan Hillbrow in Johannesburg. Die geboue is soms oud en sommige vervalle, met ‘n daling in die status van die woongebied. Die woonbuurt mag vroeër jare ‘n hoër status gehad het. Met die ontwikkeling van ander woonbuurte met nuwer huise, het baie van die inwoners getrek. Nou word die woonstel of huis bewoon deur mense met ‘n laer inkomste. Daarom word die sone ook die transisiegebied genoem.

1.4 Medium-statusbehuisingsone

  • Die inwoners van hierdie sone val gewoonlik in die middelinkomstegroep. Dit beteken dat hulle meer verdien as die inwoners van die laer-statusbehuising. Die persone wil egter nog graag naby hul werksplek woon.

1.5 Hoë-statusbehuisingsone

  • Die sone word gewoonlik op die buitewyke van ‘n stad aangetref. Dit bestaan uit groot huise op groot erwe. Baie keer mag die erf so groot wees dat daar genoeg plek is om perde en ander diere aan te hou. Die inwoners val in die hoë-inkomstegroep. Dit is vir hulle belangriker om in ‘n mooi, rustige omgewing te woon as om naby aan hulle werksplek te wees. Reistyd is nie vir hulle ‘n faktor nie.

1.6 Groot industrieë

  • Groot industrieë word ook op die buitewyke van ‘n stedelike gebied aangetref. Dit is gewoonlik omdat dit groot erwe benodig, en nie naby ‘n woongebied geleë is nie weens faktore soos moontlike geraasbesoedeling en lugbesoedeling. Grond is ook goedkoper buite die stad, en daar is meer grond beskikbaar vir latere uitbreidings.

1.7 Platteland-stedelike soom

  • Die platteland-stedelike soom is ‘n sone waar stedelike grondgebruik stadig besig is om die gebied in te neem. Dit is aanvanklik die grens tussen die stedelike gebied en die plattelandse gebied. Alhoewel daar nog plattelandse aktiwiteite soos byvoorbeeld melkboerdery mag voorkom, neem die aktiwiteite af, terwyl ander grondverbruik toeneem.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 inligting uit kaarte en atlasse en uit grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne];1.5 inligting in die veld waarneem en dit opteken [werk met bronne];1.7 op verskeie maniere verslag doen oor kennis wat tydens die ondersoek verkry is deur ‘n redenasie gegrond op inligtingsbronne te formuleer; gebruik kaarte, diagramme en grafika; gebruik, waar moontlik, rekenaars in die aanbieding [dra die antwoord oor].

Memorandum

AKTIWITEIT 1

  • Stedelike gebiede groei as gevolg van ekonomiese- en ander ontwikkeling wat daar plaasvind. Dit skep werks- en ander geleenthede en lok mense daarheen. Daarteenoor stagneer ander gebiede of beleef selfs agteruitgang as gevolg van ‘n kwynende ekonomie en dienste wat verlore gaan. Dit dwing mense om hierdie gebiede te verlaat.
  • ‘n Proses waar mense ‘n gebied verlaat om hulle permanent in ‘n ander gebied te gaan vestig. Die inwonergetal verminder dus. Hierdie proses het ‘n “sneeubal-effek” omrede dit moeilik omkeerbaar is as dit eers begin het.
  • Hulle sukkel om hul eiendomme te verkoop. Hulle kry nie die pryse wat hul eiendomme werd is nie en moet dikwels baie geld verloor om wel hul eiendomme teen belaglike bedrae “weggee”.
  • BESLIS!

Elke stedelike gebied word ontwerp met die doel om vir ‘n sekere aantal inwoners

voorsiening te maak. Sulke gebiede word wel uitgebrei, maar dan gaan die uitbreiding

met deeglike beplanning gepaard. Stedelike gebiede maak nie altyd voorsiening vir

ontvolking van landelike gebiede nie, en dan lei die verhoogde inwonertal tot

onnodige druk op infrastruktuur en stedelike dienste soos die voorsiening van

elektrisiteit, water, riolering, vullisverwydering en openbare vervoer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11035/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask