<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  1. Die Chinese en Indiërs was die eerste om patrone op geweefde lap te druk. (Waar / Onwaar)
  2. Die Chinese het in die veertiende eeu boeke begin druk. (Waar / Onwaar)
  3. Die Chinese en Indiërs was die eerste om patrone op geweefde lap te druk. (Waar / Onwaar)
  4. Johannes Gutenberg, ‘n Italianer, het ‘n metode ontwikkel om ‘n hele bladsy op een slag te druk. (Waar / Onwaar)
  5. ‘n Drukpers is ‘n masjien wat gebruik word om afdrukke op papier of karton te maak. (Waar / Onwaar)
  6. Ons gebruik vandag nog steeds die metode van Johannes Gutenberg vir moderne drukwerk. (Waar / Onwaar)

Hier sien julle ‘n skets van Johannes Gutenberg by sy drukpers en ‘n skets van ‘n moderne drukpers. Sjoe, daar is ‘n groot verskil, nè?

Aktiwiteit 3

Om woordeskat te ontwikkel deur woorde uit dieselfde veld te leer ken [lu 6.1.8]

KOERANTE

Een van die belangrikste gedrukte stukke in ons lewens is natuurlik die koerant. Daar verskyn daagliks baie verskillende koerante om ons op die hoogte van nuusgebeure in ons omgewing, land en die wêreld te hou.

(a) Noem een Afrikaanse koerant wat daagliks in jou omgewing verskyn.

..............................................................................................................

(b) Is daar n weeklikse strooikoerantjie wat in julle omgewing versprei word? Indien wel, wat is sy naam?

..............................................................................................................

(c) Ons gaan nou ‘n bietjie loer hoe dit in die koerantwêreld lyk. Ons moet egter eers 'n paar koerantwoorde leer ken:

verslaggewer ........................ finansies en ekonomie

resensie ....................... publiseer

redaksie ........................ berig

dagblad .......................... aktueel

rubriek ............................. artikel

redakteur

Kies uit die woorde hierbo een wat die beste by elke verduideliking pas:

(i) ‘n Koerant wat elke dag verskyn.

......................................................................

(ii) Nuus word hierin bekend gemaak.

......................................................................

(iii) Die persoon wat ‘n berig skryf.

......................................................................

(iv) Die persoon wat die berig moet nasien en die foute regmaak.

......................................................................

(v) Al die verslaggewers, redakteurs, fotograwe en ander mense wat ‘n bydrae lewer om die koerant te laat verskyn.

......................................................................

(vi) Die koerant druk en uitgee.

......................................................................

(vii) Die bespreking van, onder andere, ‘n boek, film, toneelopvoering of kunswerk.

......................................................................

(viii) Dit dui vir ons op sake van die dag.

......................................................................

(ix) Dis ‘n opstel in ‘n koerant.

......................................................................

(x) Dis ‘n afdeling in ‘n koerant wat aan ‘n sekere onderwerp gewy word.

......................................................................

(xi) Dit gaan oor geldsake en hoe om te spaar.

......................................................................

Assessering

Leeruitkoms 1: luister

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

1.1 dit geniet om na verskillende soorte mondelinge tekste te luister (soos stories, fabels, limerieke, kort verslae) en gepas reageer.

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.2 kyk na en kommentaar lewer op verskeie visuele en multimedia-tekste soos advertensies, video’s/films, TV-dramas, en, indien beskikbaar, rekenaarprogramme en CD-ROM’s):

3.2.2 grafiese tegnieke soos kleur, keuse van beelde, soort en grootte van letterwerk, simbole en uitleg identifiseer en bespreek.

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.1 met woorde werk:

  • woordeskat ontwikkel deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken.

Memorandum

Aktiwiteit 1 (a) – (d) Beantwoord mondelings

Aktiwiteit 2 (b)

(i) Waar

  1. Onwaar
  2. Onwaar
  3. Waar
  4. Waar

Aktiwiteit 3 (a) Sal verskil

(b) Sal verskil

(c) (i) dagblad

  1. berig
  2. verslaggewer
  3. redakteur
  4. redaksie
  5. publiseer
  6. resensie
  7. aktueel
  8. artikel
  9. rubriek

(xi) finansies en ekonomie

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask