<< Chapter < Page Chapter >> Page >

0, 8, 16, 24, 32, _____, _____, _____, ______, _____, _____, _____, _____

3.2 'n Ander manier waarop ons 8 + 8 + 8 + 8 kan sê, is 4 × 8.

Voltooi hierdie vloeidiagram:

3.3 Soek 'n patroon. Skryf die ontbrekende veelvoude van 8 in die onderstaande tabel en beskou die laaste syfer van elkeen.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
× 8 8 16 80 88

Kyk met aandag:

8 ; 1 6 ; 2 4 ; 3 2 ; 4 0 ; 48; 56; 64; 72; 80; 88; 96

As jy bewus is van die patroon waarin 8; ..6; ..4; ..2; ..0; herhaal word en regtig konsentreer, behoort jy vir ewig in 8's te kan tel, sonder om foute te maak.

  • Werk nou saam met 'n maat. Tel in 8's van 0 tot 104 terwyl jou maat jou tellery met behulp van 'n sakrekenaar kontroleer. Ruil dan om.

3.5 Tel nou terug in 8's van 104 tot 0, terwyl jou maat die sakrekenaar gebruik om te kontroleer of jy dit reg doen.

Ruil om wanneer jy klaar getel het.

4. Veelvoude van 9

4.1 Doen wat Susan voorstel. Skryf die ontbrekende veelvoude van 9 in die vloeidiagram en kyk na die laaste syfer van elkeen. Sien jy die patroon raak?.

4.2 Om in 9's te tel is die maklikste van alles! Voltooi nou die onderstaande tabel.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
× 9 9 18 27 90 99
  • Tel terug in 9's, terwyl 'n maat die rekenaar gebruik om te kontroleer of jy dit reg doen. Begin by 108.

Jy behoort nou heeltemal gemaklik te voel wanneer jy in 6’e; 7’s; 8’s en 9’s moet tel en jy weet mos al klaar hoe om in tiene te tel. Oefen dit saam met 'n maat - tel aan en terug.

TOETS JOU VAARDIGHEDE

1. Voltooi die volgende deur een kolom per dag in te vul, of al vier kolomme in een dag. Jou opvoeder sal hieroor besluit:

(a) 7 × 4 = 6 × 8 = 8 × 9 = 2 × 8 =
(b) 9 × 8 = 3 × 7 = 1 × 7 = 6 × 9 =
(c) 7 × 6 = 8 × 7 = 6 × 5 = 8 × 7 =
(d) 2 × 5 = 3 × 9 = 7 × 9 = 5 × 5 =
(e) 10 × 10 = 2 × 8 = 9 × 9 = 4 × 6 =
(f) 3 × 6 = 8 × 5 = 9 × 0 = 9 × 8 =
(g) 4 × 2 = 5 × 8 = 7 × 3 = 7 × 10 =
(h) 5 × 6 = 6 × 6 = 8 × 8 = 3 × 8 =
(j) 4 × 4 = 0 × 10 = 4 × 9 = 5 × 7 =
(k) 5 × 9 = 4 × 8 = 5 × 7 = 4 × 7 =
TOTAAL: TOTAAL: TOTAAL: TOTAAL:

2. Skryf nou almal wat jy verkeerd gedoen het neer en skryf ook hoe jy die korrekte antwoord vir elkeen kan kry.

Aktiwiteit 2:

Om hoofrekene in vermenigvuldiging met heelgetalle te doen [LU 1.9.2]

1. Voltooi nou hierdie vloeidiagram:

2. Maniere om 'n oplossing te vind vir 7 x 8.

Voorbeeld vir die oplossing van 7 x 8.

7 x 4 + 7 x 4

8 + 8 + 8 + 8 + 8 + 8 + 8

tel in 8's totdat jy by 7 × 8 uitkom

7 × 5 + 7 × 3. Breek m.a.w. die 8 op soos ons voorheen gedoen het

2 × 8 + 5 × 8. Breek die 7 op om dit makliker te maak; Ek ken 2 × 8 en 5 × 8

verdubbel 3 × 8 + 8

7 x 10 - 2 x 7

Maar maak seker dat jy weet wat jy besig is om te doen!

3. Neem elk van dié wat jou hinder en soek 'n manier om die antwoord te kry sonder om 'n sakrekenaar te gebruik. Skryf jou oplossing in die tabel hieronder.

My eie manier om die probleme op te los:

Voorbeeld: 8 × 8 Verdubbel 4 × 8 =32 + 32 = 64
3 × 6 6 × 3 (Ek ken die 3 x tafel) = 18

.

TOETS JOU VAARDIGHEID

Voltooi elk van die volgende:

1.

2.

3.

4.

5.

6. Verduidelik die skakel tussen 4 en 5.

7. Gebruik wat jy in 4 en 5 geleer het om die volgende te voltooi:

(a) 6 × 20 = (f) 40 × 20 =
(b) 7 × 70 = (g) 60 × 60 =
(c) 50 × 3 = (h) 50 × 80 =
(d) 9 × 70 = (j) 60 × 7 =
(e) 8 × 30 = (k) 90 × 50 =

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask