<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  1. MONDELING

Gesels met iemand van ‘n ander geloof of kultuur as joune oor ‘n belangrike fees wat hulle vier. Dink byvoorbeeld aan iemand

in jou klas

in jou skool

wat naby jou woon

As jy nie so iemand ken nie, raadpleeg die biblioteek of gebruik die Internet.

Vra die volgende vrae en skryf die inligting neer, want jy moet dit aan jou klasmaats kom oorvertel.

Wat is die naam van die persoon met wie jy gesels het?

Hoe oud is hierdie persoon?

Wat is die naam van die fees?

Wie vier hierdie fees?

Wanneer vier hulle dit?

Hoe vier hulle dit?

Wat doen hulle? Gaan hulle na ‘n spesiale plek toe?

Watter klere dra hulle?

Eet hulle spesiale kos? Wat eet hulle?

Gee hulle vir mekaar geskenke? Watter soort geskenke?

Wat sê hul vir mekaar op die dag van die fees?

Vra ook vir hierdie maat of hulle ‘n foto of prent het wat jy kan leen om vir jou klasmaats te wys.

Het jy enige iets geleer wat jy nie voorheen geweet het nie of wat vir jou baie interessant is?

[LU 2.2.2]

Die walvisfees

Onthou julle die Walvisfees wat in die lente plaasvind? Gedurende die lente swem die walvisse baie naby aan die kus, want dan word hulle kalfies gebore. Suid-Afrika het ‘n walvisroete waar mense hulle walviskyklus kan bevredig! Hierdie roete strek oor 2 000 km.

Hierdie kaart dui die walvisroete aan. Die kolletjies dui die kusdorpe aan waarheen ‘n mens kan gaan om die walvisse te sien.

Die dorpe, van links na regs is:

Velddrif Pearly Beach Richardsbaai

Waterfront Mosselbaai

Simonstad Knysna

Gordonsbaai Plettenbergbaai

Hermanus Shelly Beach

Gansbaai St. Lucia

Vul nou die volgende plekname op die kaart in:

  1. Velddrif
  2. Hermanus
  3. Mosselbaai
  4. Richardsbaai

[LU 5.3.2]

Wat is alles op die roete te sien?

Ten minste 37 verskillende walvisspesies en dolfynsoorte word aangetref. Die mees algemene walvisse wat gesien kan word, is suidkappers en boggelrugwalvisse.

Walvisse is jare lank doodgemaak omdat die mens soveel van die arme dier kon gebruik om geld mee te maak. Hier is ‘n paar voorbeelde:

die vleis vir dierekos;

die olie vir die maak van seep, margarien en kerse;

die been vir die maak van knope;

die vel vir die maak van handsakke.

Daar was in ‘n stadium slegs 100 suidkappers oor in die see! Gelukkig is die walvis nou ‘n bedreigde spesie (endangered animal) en mag hulle nie meer gejag word nie. Daar is nou weer meer as 1 000 suidkappers in die see.

Hermanus (kyk weer na die kaart) hou elke jaar ‘n Walvisfees gedurende Septembermaand. Hermanus het ‘n Walvisroeper wat op ‘n lang horing blaas om aan te kondig wanneer daar walvisse is om te sien. (Die horing is eintlik ‘n stuk seebamboes waarop hy blaas).

Gebruik nou al die inligting oor die walvis en maak ‘n plakkaat wat die walvisroeper kan dra. Gebruik slagspreuke soos: RED DIE WALVIS of BEWAAR DIE WALVIS, ens.

Op hierdie plakkaat moet jy die feesgangers bewus maak van die feit dat die walvis ‘n bedreigde spesie is en hoekom hy eers doodgemaak is. Jy kan natuurlik ook sketse op jou plakkaat maak. Jy kan ook ‘n boodskap skryf om die walvisse te verwelkom. Gebruik ‘n A4-grootte vel papier vir jou plakkaat.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask