<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Navorsingsopdrag:

1. Watter inligting het jy oor die Indiane van Amerika? Skryf jou inligting hier neer. Sorg dat jy jou module vier met jou klasmaats ruil sodat jy ook hul inligting kan lees.

Bron:

2. Kry inligting oor ENIGE van ons inheemse volke van Suid-Afrika of Afrika. Probeer om ‘n prentjie van hul huise, werk, kuns ens. hier te plak. Indien jou portefeulje maar vaal is, kan jy hierdie bladsy daarby insluit.

Aktiwiteit 5

LU 2.1 LU 2.2 LU 2.3

LEESSTUK 3

DIE VERKLARING VAN ONAFHANKLIKHEID

Britse reaksie op die gebeure van die Bostonse Teeparty was venynig. Die inwoners van Boston moes vir die tee betaal en die hawe is vir alle verkeer gesluit. Alle vergaderings is verbied en die wetgewende vergadering ontbind. Soldate is in huise van privaat huiseienaars gehuisves.

In September 1774 het afgevaardigdes van twaalf van die dertien kolonies in Philadelphia vergader om hul strategie vir hul vryheidstryd te beplan. Hulle het tevergeefs hul dokument: Verklaring van Regte en Griewe aan die Britse regering gestuur. Die eerste geveg tussen die koloniste en die Britse troepe het plaasgevind by Lexington. Tydens die tweede kongres in Philadelphia is George Washington aangestel as die opperbevelhebber van die koloniale troepe.

Tydens die derde kongres in Philadelphia is die beroemde Verklaring van Onafhanklikheid opgestel deur mense soos Benjamin Franklin, Thomas Jefferson en John Adams. Op 4 Julie 1776 is dit deur die kongres aanvaar. Volgens hierdie verklaring word alle mense as gelykes gebore en het daarom onvervreembare regte soos die reg op lewe, vryheid en die nastrewing van geluk. Die regering verkry sy mag van die burgers, daarom is dit regverdigbaar om ‘n tirannieke regering omver te werp. In hierdie verklaring word die Britse beleid gekritiseer en die koloniste se griewe genoem.

Die oorlog om onafhanklikheid te verkry, het van 1776 tot 1783 geduur. Toe ander Europese lande soos Frankryk, Spanje en Nederland teen Brittanje draai, het Brittanje met die Vrede van Parys die Amerikaners se onafhanklikheid erken.

In 1787 is die Amerikaanse konstitusie/grondwet aanvaar, waarin die regte, vryhede en voorregte van alle Amerikaanse burgers vervat is. Die dertien kolonies is saamgesnoer in ‘n federasie, wat beteken het dat elke kolonie nog steeds ‘n groot mate van onafhanklikheid behou het. Bv. Elke kolonie het sy eie wetgewende liggaam behou wat sy plaaslike aangeleenthede beheer het.

George Washington het die eerste staatspresident van die Verenigde State van Amerika geword. Die hoofstad, vernoem na die president, is ook Washington.

In 1777 is die Union Jack (Britse vlag) vervang met die “stars and stripes”. Die vlag het 13 horisontale rooi en wit strepe met dertien sterre links bo in die hoek gehad. Namate meer state bygevoeg is, is meer sterre bygevoeg. Vandag is daar meer as vyftig sterre vir die state in die federasie van die VSA.

Die Amerikaanse volkslied word “The Star-Spangled Banner” genoem.

Vergelykende Studie:

  • Jy het nou gelees hoe die Amerikaanse kolonies hul demokratiese vryheid van Brittanje gekry het. Jy behoort al die ooreenstemmende inligting oor die demokratiese Republiek van Suid-Afrika te ken. Indien nie, vind uit deur navorsing te doen! Skryf die volgende inligting neer:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask