<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Vrae:

1. Dink jy die vryheid wat die koloniste aan die begin gehad het, het vir ewig so aangehou? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

(2)

2. Gee enige voorbeeld van ‘n klasseverskil.

(2)

3. Skryf meer as een gebruik vir tabak neer.

(2)

4. Wat beteken die woord “pelse” in die laaste sin? Verduidelik en gee ‘n voorbeeld.

(3)

5. Wat maak ‘n mens met “indigo”?

(1)

[10]

Aktiwiteit 3

  • In hierdie leesstuk bespreek ons die griewe van die koloniste. Jy onthou (uit jou studie van kolonialisme in Afrika) dat die supermoondheid sy kolonies vir alle roumateriale/hulpbronne gebruik het, maar ook as ‘n mark vir enige produk wat daar verkoop kon word. Die supermoondheid in hierdie geval is Brittanje en die koloniste die Amerikaners.
LU 1.1

LEESSTUK 2

AGTERGROND VAN DIE AMERIKAANSE REVOLUSIE

OORSAKE: AKSIE/HANDELING REAKSIE
  1. Die Britse regering het geglo dat hulle die reg het om alle handel en nywerhede in hul kolonies te beheer .
  • Groot ontevredenheid het onder die Amerikaners posgevat omdat hulle oor hul eie sake besluite wou neem; hulle wou vry wees.
  • Produkte kon slegs op Britse skepe vervoer word, daarom kon Brittanje bepaal watter produkte die Amerikaners kon produseer.
  • Die Amerikaners het begin om met hul eie produkte te smokkel, om so die beste winste te maak.
  • Brittanje het die Amerikaners gesien as Britse burgers, daarom moes hulle, soos alle Britte, belasting betaal waarmee bv. Britse leiers se salarisse betaal is.
  • Die Amerikaners het die belastinggaarders aangeval en geweier om belasting te betaal.

In 1770 het ‘n twis ontstaan tussen die koloniste en die Britse soldate wat in Boston gestasioneer was. Vyf koloniste is tydens die gevegte dood en baie gewond. Hierdie insident het bekend geword as die Bostonse Bloedbad. Brittanje het alle belasting afgeskaf, behalwe die belasting op tee.

Vrae:

  • Die volgende omskrywings van woorde kom uit die HAT:
  • Vind die woord in die leesstuk wat ooreenstem met elkeen van die volgende woordomskrywings. Skryf jou antwoord by elke omskrywing.

1. Die moord van baie mense tegelyk.

2. Van huisvesting voorsien, veral huisvesting by burgerlikes aan soldate verskaf.

3. Iets wat gebeur onderwyl iets anders aan die gang is en laasgenoemde onderbreek. OF ‘n toevallige gebeurtenis.

4. Met iemand veg, hom te lyf gaan om hom seer te maak.

5. Verbode goedere of belasbare goedere sonder betaling van belasting in die geheim in- en uitvoer.

[5]

Aktiwiteit 4

LU 1.1 LU 1.3 LU 1.4
LU 3.1 LU 3.2 LU 3.4

Die Bostonse Teeparty

Die Amerikaanse koloniste was nog glad nie tevrede met die toegewings van die Britse regering nie. Hulle wou hul vryheid hê. Jy weet dat die inheemse bevolking van Amerika die Rooi Indiane genoem was. Die koloniste het ‘n plan uitgedink wat die Britte sou flous oor wie die skuldiges was in die vernietiging van Britse eiendom waarop die koloniste steeds belasting moes betaal.

BRON A :

Een nag in Desember 1773 het ‘n groep mans van Boston hulself vermom soos Indiane. Hulle het skelm op die drie Britse skepe wat in die baai vasgeanker was, geklim. Die skepe was gelaai met tee. Hulle het die meeste van die tee in die water gegooi. Die water het verkleur, totdat dit gelyk het soos tee. Hierdie insident het later bekend geword as die Bostonse Teeparty.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask