<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wat is die doel van hierdie komposisie?

Volgens die komponis probeer hy om komposisiemiddele so te rangskik dat hy nie ‘n idee het van wat gaan gebeur nie! Sy doel is om die doel uit te skakel. En die doel van hierdie doellose musiek word bereik as mense leer om te luister – ook na alledaagse geluide! Hierdie tipe musiek bevorder die kommunikasie tussen die komponis en die luisteraar.

Aktiwiteit 3 (Groep en individueel)

  • Verdeel in groepe. Bestudeer die illustrasie, luister na die opname en bespreek en beantwoord die vrae:
  • Wat word hierdie tipe dans genoem?
  • Wat noem ons die skrif teen die agtergrond?
  • In watter omgewing, dink jy, sou jy hierdie prent vind?
  • Watter tipe sang gaan hiermee gepaard?
  • Beskryf die sang.
  • Wie doen die begeleiding?
  • Hoe doen hy die begeleiding?
  • Watter tipe tegnieke gebruik hy?
  • Watter tegnieke word in klassieke musiek gebruik (noem twee)
  • Hoekom sou jy hierdie tipe begeleiding as “tegnologie” beskou?
  • Watter boodskap dra die lirieke oor?
  • Sou jy dit as positief beskou?
  • Is daar enige patroon ten opsigte van rym?
  • Watter musikale element sou jy as die belangrikste beskou (harmonie, melodie, ritme, ens)?
  • Wat is die vormstruktuur in hierdie lied?
  • Noem twee vormstrukture wat kenmerkend van klassieke musiek is.
  • Wat word die Suid-Afrikaanse eweknie genoem?
  • Doen navorsing oor Hip-Hop, Rap en Kwaito m.b.v. die internet, tydskrifte, video's, resensies in koerante, ens. en voltooi dan die vrae waaroor jy onseker was.
  • Lees die volgende gedeeltes uit verskillende “Rap”-liedere. Sê dit ritmies:
  1. Kies ‘n onderwerp waarvan jy genoeg weet (of lees na oor die onderwerp). Jou benadering moet positief wees en jy kan positiewe kommentaar op maatskaplike probleme lewer – altyd ‘n positiewe boodskap. Moontlike onderwerpe: VIGS-Rap (VIGS-positief, m.a.w. ‘n positiewe benadering tot VIGS), Drank-en-“Drug”-vrye Rap, Respek vir ander, ens.
  2. Vertel jou storie in rym . Die eerste lyn moet ‘n sterk ritme hê en die tweede moet daarmee rym – dit moet dieselfde ritme hê.

Herhaal ritmepatrone. Party lyne kan lank wees, ander weer kort.

Rym dus in koeplette (twee-twee)

Refrein: Dit is ‘n groep reëls wat dieselfde bly.

Sterk klanke om te gebruik: BR, DR, KR, PR, SL, ST, STR, TR

  1. Nou is dit tyd vir HIP-HOP! (OF KWAITO)

Gebruik die kletsrym (rap) wat geskryf is en voeg die res by wat benodig word vir Hip-Hop!

Julle kan in groepe werk: een leerder kan briekdans, een (of meer) kan die DJ wees, een moet rymklets en die res van die groep kan ‘n plakkaat met die titel in graffiti ontwerp.

Julle kan ‘n “live “ optrede voor die klas hou of dit op video opneem.

Maak gebruik van verbeelding asook alle moontlike tegnologie tot julle beskikking! (Liggaamsperkussie en klanke kan ook gebruik word.) Onthou daar is nie reëls nie!

VOORBEELDE: Slimskud – Azanian

Brasse van die Kaap

Will Smith

ONTHOU: Jy kan net Rap oor ‘n onderwerp waarvan jy genoeg weet!

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
uitdrukking en kommunikasieDie leerder is in staat om te analiseer en ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
MUSIEK
4.3 kan verduidelik hoe tegnologie deur die jare musiek beïnvloed het;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask