<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Voorbeeld:

Kritzinger, Eksteen, Beknopte Verklarende Woordeboek ,J.L. van Schaik (Edms) Bpk 1989. Bl. 408.

LU 1 AS 1.1
  • Lees nou Bron A hieronder deur terwyl jy oplet na verskillende sosiale klasse sowel as die produkte waaroor die konflik tussen Salga en Samwu handel.

BRON A

Die Burger, BL. 10 Saterdag 6 JULIE 2002Salga onderhandel nie verder oor Samwu-stakers se lone
MARLENE VAN HOUWELINGENKAAPSTAD. – Die Vereniging van Plaas­like Regerings (Salga) oorweeg geen ver­dere onderhandelings oor loonverhogings vir lede van die munisipale vakbond (Samwu) nie.In briewe tussen die president van Salga, mnr. Petrus Mashisi, en Samwu, asook tussen die vakverbond Cosatu en Salga, is die hoop wel uitgespreek dat verdere same­sprekings hieroor aangeknoop sal word, het adv. Etienne Vermaak, een van Salga se hoofonderhandelaars in die kwessie, gister gesê.“Ons staan by die aanbod van 8% en die minimum loon van R1 900 per maand. Dis nie dat Salga ongevoelig is oor die moei­like lewensomstandighede van som­mige munisi­pale werkers nie, maar ons kan nie ’n swaar­der las op die res van ons belasting­betalers plaas om aan Samwu se vereistes te voldoen nie. Die staking kan nog ’n rukkie duur, maar ons glo dit sal aanstaan­de week mo­mentum verloor. Dis in sy wese ’n mag­stryd.”In opdrag van die minister van arbeid, mnr. Membathisi Mdladlana, het die Kom­missie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie gister probeer om ’n vergadering tussen stakende munisipale werkers en hul werkgewer te belê.Samwu het gister in ’n verklaring gesê hy keur nie rommelstrooiing, saakbeskadiging of enige geweld goed nie. “Dis jammer dat Salga en sekere plaaslike besture hierop konsentreer, eerder as op dit wat tot dié optrede aanleiding gegee het.”Me. Anna Weekes, mediawoordvoerder van Samwu, het gesê die vakbond herhaal sy eise en sal nie toegee nie. “Ons doen ook ’n beroep op plaaslike besture om nie ons wer­kers deur private diensverskaffers te vervang nie. Dié optrede veroorsaak nog meer span­ning.”In Kaapstad het sake gister redelik orde­lik verloop, met die altesame 2 314 wer­kers – of sowat 8% van die totale werk­mag – wat van die werk weggebly het.“Daar was geen ernstige ontwrigting van munisipale dienste nie,” het mnr. Charles Cooper, die stad se mediawoordvoerder, gesê.Volgens mnr. Mike Marsden, uitvoeren­de direkteur van handelsdienste, het meer wer­kers gister by die werk opgedaag en het die munisipaliteit probeer om alle agter­stallige dienslewering in te haal. Hy het gesê nood­dienslewering sal oor die naweek voort­gaan.

BRON A : Assessering van kennis en begrip

  • Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woorde te voorsien.

1 (a) Salga verteenwoordig die ……………………………………………… klas. /1/

(b) Samwu verteenwoordig die werkersklas, volgens die bron werk hulle vir die

/1/

(c) Die konflik handel oor “loonverhogings”, wat beteken dat die …………………..

meer …………………………… wil hê. /2/

(d) Die munisipale werkers se werk (arbeid) is om bv……………..

/1/

(e) Salga is ontevrede omdat die Samwu-stakers hulle skuldig maak aan:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask