<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 6

Module 10

Die drie varkies

Hier volg die sprokie van Die Drie Varkies . Die paragrawe is egter nie in die regte volgorde nie. Werk in pare en kyk hoe gou julle die paragrawe in die korrekte volgorde kan rangskik. Nommer elke paragraaf.

Deel I

Deel II

LU 5.2.2

3. Verdeel weer in groepe en lees die storie hardop voor. Elke groeplid lees een paragraaf op ‘n keer totdat die storie klaar gelees is.

LU 3.1.1

4. Wat leer ons uit hierdie sprokie?

Lees die volgende stellings en maak ‘n regmerk in die JA -kolom of NEE -kolom. Doen dit alleen en gesels dan daaroor in julle groepe. Probeer by elke stelling ‘n rede gee vir jou antwoord.

JA NEE
(a) Die ma-vark was ’n slegte ma, want sy het haar kinders weggestuur.
(b) Die eerste varkie was dom om strooi te kies vir sy huisie.
(c) Die tweede varkie was nie so dom soos die eerste varkie nie.
(d) Die derde varkie was ‘n baie slim varkie.
(e) Die wolf was ‘n slegte karakter.
(f) Die derde varkie was baie wreed.
(g) Die sprokie het ‘n gelukkige einde.
(h) Ek leer ‘n les uit hierdie sprokie.
LU 3.1.2
LU 3.1.4
LU 5.2.8

5. Verbeel jou jy is die ma-vark. Jy het gehoor dat die wolf twee van jou kinders opgeëet het. (Dit is voordat die derde varkie te slim was vir hom). Jy gaan rapporteer die saak by die polisie. Die polisie wil die wolf arresteer (arrest). Maak nou ‘n identikit van die wolf sodat mense hom sal raaksien en aan die polisie kan rapporteer. Skryf ook ses tot agt sinne oor hoe hy lyk in die identikit.

  • Is hy lank of kort, vet of maer?
  • Watter klere het hy aangehad?
  • Watter kleur oë het hy, watter kleur is sy pels?
  • Hoe lyk sy ore? Hoe lyk sy tande?
  • Hoe klink sy stem?
LU 4.1.2

6. WERKWOORDE

Kyk na die prentjies en lees wat die varkies, man of wolf doen.

Hierdie woorde wat sê wat ons doen, is almal werkwoorde.

Ons kan werkwoorde op drie maniere gebruik:

  • Om te sê wat ons gedoen het (verlede tyd).
  • Om te sê wat ons doen (teenwoordige tyd).
  • Om te sê wat ons sal doen (toekomende tyd).

Kyk weer na die sprokie van die Drie Varkies. In watter tyd is dit geskryf?

…………………………………………………………………………

In die verlede tyd voeg ‘n mens het + ge- by.

In die toekomende tyd voeg ‘n mens sal by.

Hoe verander die werkwoorde se vorm of plek in die verlede tyd?

Hoe verander die werkwoorde se vorm of plek in die toekomende tyd?

Selfassessering onder leiding van die opvoeder.

LU 6.2.3

ONTHOU:

Dié woorde verander in die verlede tyd:

wil word wou

kan word kon

moet word moes

sal word sou

A . Skryf nou die volgende sinne oor in die verlede tyd.

VOORBEELD : Die varkie wil ‘n huis bou.

Die varkie wou ‘n huis bou.

1. Die varkie wil weggaan.

2. Die eerste varkie kan strooi koop.

3. Die ma-vark moet hulle teen die wolf waarsku.

4. Die varkies sal versigtig wees.

5. Die tweede varkie wil stokkies koop.

6. Die varkies moet versigtig wees.

7. Die derde varkie sal te slim wees.

8. Die wolf kan baie hard blaas.

ONTHOU OOK:

is word was

Voorbeeld : Die varkie is slim.

Antwoord : Die varkie was slim.

C. Skryf ook die volgende sinne oor in die Verlede Tyd.

1. Die varkie i s baie bang.

2. Die wolf is honger.

Ruil jou antwoorde om met jou maat s’n. Assesseer mekaar se werk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask