<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Feit is: soos Anna en Amanda nou vaar, lyk dit nie of Vader Tyd hulle gou gaan vang nie. En dit is bitter moeilik om te kies wie jy eerder oor 20 jaar sal wil wees.

Thalyta Swanepoel ( Beeld )

DIE BUKSIE TEEN DIE BLOM - 2

Dis die Buksie teen die Bom. Dis nou die naweek se vertoonwedstryde tussen ons eie Amanda Coetzer en Anna Kournikova, die jong Rus vir wie daar klaarblyklik te min byvoeglike naamwoorde is – in die meeste mans se woordeskat.

As dit bloot van die Blonde Buksie, die Blom van Hoopstad, sou afhang, sou ‘n mens nog by die naweek se tennis die klem op die wedstryd kan plaas. Ons weet tog almal watter vegter daar in dié Suid-Afrikaner skuil. Met die twintigjarige Kournikova aan die ander kant van die net, is dit egter ‘n ander saak. Die benaming Bom verwys immers nie na haar afslaan nie. Al praat haar eie webwerf – www.kournikova.com - van die “skills” wat haar “one of the best tennis players in the world” sou gemaak het. Gaan ‘n mens deur die skakel “facts” – dis nou deur die klik op die prentjie waar sy liefies op haar maag lê terwyl sy oor haar regterskouer loer, sien jy sy is nommer 74, teenoor Amanda se 19, op die wêreldranglys. As ‘n mens aanmeld op Kournikova se webwerf, kom jy later by ‘n klompie foto’s wat op ‘n strand vir ‘n manstydskrif geneem is. Dis sulke goed wat maak dat baie mense vir Anna Kournikova nie in die eerste plek met tennis verbind nie – en wat hulle die ontmoeting tussen Anna en Amanda nie baie ernstig laat opneem nie. Soos een ou vandeesweek sê: “Dis ‘n sirkus. ‘n Baie mooi sirkus.” Daar is ‘n persentasie mans wat meer van Amanda hou. Hulle hou van die krag wat sy uitstraal, van die persoonlikheid wat hulle in haar sien. Hulle meen Anna Kournikova is te perfek. Soos ‘n Barbie-pop. ‘n Bietjie plastiekerig. Vir die meeste mans is Anna egter blykbaar verruklik. Elkeen sê dit net op sy eie manier. ‘n Ou by die plaaslike oog waar ons vandeesweek oor middagete ‘n bier gaan drink het, kan sy gevoel in twee woorde opsom: “sexy girl”. Hierteenoor het ‘n dominee in ‘n ligsinnige oomblik in Psalm 8 gaan woorde leen toe hy gesê het: “U het haar weinig minder as ‘n engel gemaak.”

Min mans verwag dat Anna vir Amanda op die tennisbaan gaan klop. Nie dat die uitslag in die Stryd van die Blondines veel saak maak nie. Soos een ou sê: “Hulle moenie so baie druk op Anna plaas om te wen nie. Sy moet net daar wees.”

Neels Jackson ( Beeld )

Verwerk uit twee artikels wat in Die Burger in November 2001 verskyn het onder die opskrif “Die buksie teen die b(l)om”.

Noudat jy na die twee artikels oor Amanda Coetzer en Anna Kourikova se tennisstryd geluister het, wat sal jy sê is die “verskuilde boodskap/pe” in die twee artikels?

(Hierdie aktiwiteit kan ook as groepwerk aangepak word.)

Skryf die verskuilde boodskap/pe neer.

Aktiwiteit 2:

Om verskillende perspektiewe in teks te verduidelik

[lu 5.1.4]

Die twee artikels is uit verskillende verwysingsraamwerke geskryf. Laat jul onderwyser vir julle die konsep verwysingsraamwerk verduidelik.

Besluit nou in groepe wat julle dink die verwysingsraamwerk (maak jul afleidings) van die twee senior verslaggewers van Beeld , Neels Jackson en Thalyta Swanepoel, is. Maak twee kolomme.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask