<< Chapter < Page Chapter >> Page >

2. Die advertensie

  • Ontwerp en beplan ‘n radio-advertensie vir ‘n spesiale geleentheid of opvoering, bv. die Afrika-dans van Aktiwiteite vir die Leerder, Graad 9 Module 4, Leereenheid 2’.
  • Die volgende aspekte moet in gedagte gehou word met die beplanning van die advertensie:
  • Daar moet ‘n teks vir die advertensie wees.
  • Wie gaan die oorklanking (dialoog) vir die advertensie doen?
  • Is musiek noodsaaklik? Indien wel, watter soort musiek moet dit wees?
  • Is spesiale klankeffekte nodig?
  • Hoe lank gaan die advertensie wees? (nie meer as 60 sekondes nie).
  • Wie is die regisseur?
  • Wie is die vervaardiger?
  • Wie gaan die advertensie opneem?
  • Is daar opneemtoerusting by die skool beskikbaar?
  • Op wie is die advertensie gerig?
  • Die datum, tyd en plek van vertoning moet in die advertensie genoem word.
  • Deel op in groepe, afhangende van hoe groot of klein die klas is.
  • Beplan, skryf en vervaardig die advertensie vir die ‘Afrika-dans’.
  • Kies ‘n advertensie uit die klas om uitgesaai te word – daar kan meer as een advertensie gekies word.

3. Die uitsending

  • Saai die ‘wenadvertensie’ oor die skoolinterkom uit om die dans te adverteer.

Wenke vir die vervaardiging van ‘n radio-advertensie:

Bespreek die ‘gevoel’ van die advertensie wat julle met die groep beplan.

Selekteer die inligting wat julle in die advertensie wil insluit, bv. tyd, datum, plek, ens.

Selekteer die spesiale klankeffekte, indien enige.

Selekteer die agtergrondmusiek.

Skryf die teks.

Selekteer die persoon/persone wat die stemwerk/oorklanking moet doen.

Hou jou teikengehoor in gedagte.

Wees kreatief.

Geniet dit.

Wenke vir die opname van ‘n radio-advertensie:

Eksperimenteer met afstand van die mikrofoon.

Eksperimenteer met harde en sagte klanke – dit sluit in die stem, musiek en byklanke.

Besluit of die musiek ‘n prominente deel van die advertensie moet wees of net in die agtergrond.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
DANS
1.1 deelneem aan die choreografie en aanbieding van ‘n kort dans vir ‘n opvoering of kulturele gebeurtenis;1.2 ter voorbereiding van die liggaam, ‘n stel opwarmings- en vaardigheidsopbouende bewegingsreekse akkuraat doen, insluitende liggaamskondisionering en danstegnieke in ‘n bepaalde styl;1.3 gekoördineerd, musikaal, met gehalte, styl, balans en beheer oor ruimte heen in bewegingsreekse beweeg;1.4 werk leer en opvoer, met gepaste styl en bewegingsgehalte, wat deur ander gechoreografeer is uit minstens twee kulture – wat mag insluit:
1.4.1 klassiek / tradisioneel (uit Afrika, Oosters of Westers);
1.4.2 kontemporêr;
1.5 ‘n dans skep, met ‘n duidelike begin, middel en einde, waarin passies of style van meer as een Suid-Afrikaanse dansvorm saamsmelt;
DRAMA
1.6 ‘n eenvoudige opwarmingsroetine met die klas uitvoer;1.7 deelneem aan ‘n aspek van die beplanning, organisasie, reklame, fondsinsameling of produksie van ‘n dramatiese item wat ‘n gehoor sal hê;
MUSIEK
1.9 die stem en beskikbare slag- of melodiese instrumente gebruik en musiek maak in maatslag;1.10 ‘n musiekuitvoering organiseer en bemark ten opsigte van die beplanning, reklame, fondsinsameling en produksie daarvan;
VISUELE KUNS
1.14 kuns, handwerk of ontwerpstukke skep wat:
1.14.1 idees of begrippe in ‘n visuele vorm weergee;
1.14.2 demonstreer dat die elemente en beginsels van ontwerp met selfvertroue gebruik word;
1.15 ‘n entrepreneursbewustheid van die bemarking van kunsprodukte in terme van die teikenmark, verpakking, plek, prys, reklame, klanteverhoudings en ‘n bewustheid van toerisme ontwikkel;
1.17 eie en groep se kunswerke (insluitend tekens, etikette en byskrifte) vir ‘n openbare aanbieding selekteer, aanbied en monteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask