<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Gebruik ‘n aardbol of ‘n kaart in jou atlas en maak seker dat jy verstaan wat elkeen van hierdie feite beteken.

  • Die Greenwich-meridiaan (0°-lengtelyn) vorm ‘n halfsirkel op die aardbol. As dit agterom die aardbol verleng word, vorm dit nog ‘n halfsirkel. Hierdie agterste halfsirkel word die antipode van die 0°-lengtelyn genoem en word 180° genommer. ‘n Lengtelyn en sy antipode vorm altyd ‘n volle sirkel. Vanaf die 0° lengtelyn kan daar dus 180° Wes en 180° Oos beweeg word.

So het elke lengtelyn ‘n antipode en as die twee lyne se graadnommers bymekaar getel word, gee dit altyd 180° as antwoord. ( bv. 0° O + 180° W = 180°)

Die Greenwich-meridiaan word as verwysing gebruik wanneer ‘n plek se tyd bepaal word.

Daar ontstaan egter nou ‘n probleem: As ons van die 0°-lengtelyn ooswaarts beweeg en van die 0°-lengtelyn weswaarts beweeg, bereik ons van albei kante die 180° lengtelyn. Nou gaan ons tye darem baie verskil!

  • Om die probleem op te los is die Internasionale Datumlyn (IDL) ontwikkel.

Dit volg die 180°-lengtelyn, maar sny nêrens oor land nie.

Die datum oos van die IDL is een dag vroeër; wes van die IDL is een dag later.

Van oos na wes verloor ‘n mens ‘n dag as jy oor die IDL beweeg.

Van wes na oos wen ‘n mens ‘n dag as jy oor die IDL beweeg.

Byvoorbeeld:

180° W 180° O
weswaarts ooswaarts
Beginpunt
verloor - + wen
Sondag Maandag Maandag
00 : 00 12 : 00 24 : 00
  • ‘n Plek se lengteligging is ook ‘n aanduiding van tyd :

Die aarde draai van wes na oos om sy eie denkbeeldige as. Die son kom dus vroeër op by plekke verder na die ooste.

Die son kom in Durban (31° O) ongeveer 50 minute vroeër as in Kaapstad (18½° O) op. In Suid-Afrika is so ‘n verskil nie ‘n probleem nie, want ons gebruik net een tydsone (30° O). In ‘n land soos die VSA is dit wel ‘n probleem. Die son kom in New York (74° W) ongeveer drie uur vroeër op as in San Francisco (122½° W). In die VSA is dit dus nodig dat daar verskillende tydsones moet wees.

  • Julle het seker al opgemerk dat as rugbywedstryde in Australië of Nieu-Seeland gespeel word en ons volg dit hier op TV, dit hier nog in die oggend is. Dit is so omdat daardie lande baie ver oos van Suid-Afrika lê en die son dus daar “vroeër” opkom.
  • Om die verskil in tyd te bereken, is nie so moeilik nie. Dit het alles te doen met die draaiing van die aarde om sy eie as.
  • Hoe lank neem dit vir die aarde om om sy eie as te draai?Dit duur 24 uur.
  • Deur hoeveel grade draai die aarde in hierdie 24 uur? Die aarde draai deur 360 ° .
  • Deel ons nou die 360° deur die 24 uur, blyk dit dat die aarde elke uur deur ‘n hoek van 15° draai. As twee plekke 15 lengtegrade uitmekaar lê, sal die son presies een uur vroeër by die plek opkom wat die verste oos lê.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;
  • relevante inligting vir spesifieke doeleindes uit bronne kies en dit opteken;
  • breedte- en lengteligging gebruik om relevante plekke op kaarte te vind;
  • inligting gebruik om oplossings vir probleme voor te stel;
1.5 verslag doen oor ondersoeke deur bespreking, debat, gestruktureerde skryfwerk, grafieke, tabelle, kaarte en diagramme.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10999/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask