<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 9

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 1

Analise van ‘n verpakkingsontwerp

VISUELE KUNSTE

Aktiwiteit 1 (groepwerk)

  • Benodigdhede : Leerders bring elkeen enige vorm van verpakking of houer klas toe, bv. verpakkings vir graankos, waspoeier, koekies, lekkers, sjokolade, koeldrank, parfuum, ens.
  • In julle groepe moet julle elkeen se verpakking bespreek aan die hand van die volgende tabel:

Analise van ‘n verpakkingsontwerp

Bestudeer die gegewe verpakking en bespreek die volgende:

  • Die beoogde boodskap (wat probeer die verpakking sê?)
  • Die teikengroep (jeug, volwassenes, tuisteskeppers, werkende persone, ens.)
  • Tegnieke en style (humoristies, ernstig, realisties, abstrak, ens.)
  • Die kleurgebruik
  • Die lettertipe/tipografie (pas die tipe letters by die boodskap?)
  • Geskiktheid van die materiaal/materiale (vir die betrokke produk)
  • Algemene effektiwiteit van die verpakking (maklik hanteerbaar?)
  • Simbole, tekens of logos (veral enige verwysing na kulturele groepe)
  • In julle groep moet elkeen nou ‘n analise van sy/haar verpakking inhandig vir assessering.

ASSESSERING

Die leerder is in staat om: 1 2 3 4 5 6 7
die verpakking te analiseer;
‘n eie oordeel te vorm;
begrip te toon vir effektiewe, goeie ontwerp.
LU 3.8

Aktiwiteit 2 (groepwerk)

Elke groep kry nou ‘n nuwe produk, soos bv. ‘n skoonmaakmiddel, ‘n skoonheidsproduk, ‘n soort lekkergoed, ‘n koeldrank, ens. om te bemark. Die groep moet nou eerstens besluit op die volgende:

  • Naam vir die nuwe produk
  • Die teikengroep
  • Advertensiestyl of tegniek
  • Die kleurgebruik
  • Die lettertipe
  • Die groep moet nou saam ‘n plakkaat ontwerp om julle nuwe produk mee te adverteer. Hou bogenoemde elemente in gedagte! Kyk ook wat geassesseer gaan word:

ASSESSERING

PLAKKAAT VIR NUWE PRODUK 1 2 3 4 5 6 7
Verbeelding/ Oorspronklikheid: vernuwende, ‘vars’ aanslag – nie gekopieer nie
Komposisie: vermoë om ‘n verskeidenheid kunselemente te gebruik om ‘n kunswerk te skep
Tegniese vaardighede: kennis en toepassing van verskeie vaardighede
Interpretasie: vermoë om eie begrip van opdrag uit te druk
Samewerking: vermoë om binne ‘n groepverband te werk
LU 3.4

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
deelname en samewerkingDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ALGEMEENtov 3.1-3.4 hieronder, die volgende toon:
3.1 sensitiwiteit t.o.v. ander se musiekkeuses, kunsvoorkeure, ens;
3.2 bereid is om nuwe kulturele idees te verken en stereotipes te heroorweeg;
3.3 eie, groep en veranderende identiteite erken;
3.4 die vermoë toon om eie bydraes in enige kunsvorm uit te druk.
3.8 VISUELE KUNS
  • die invloed van die massamedia op die gemeenskap begryp.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask