<< Chapter < Page Chapter >> Page >

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

  • Gestel nou al die leerders in jou klas het met 'n fiets skool toe gekom.

Hoeveel fietse behoort dan aan hulle? ______________ fietse

Hoeveel wiele is daar altesaam? ______________ wiele

  • Buite die skool staan 10 fietsrakke en in elke fietsrak staan 25 fietse. Hoeveel fietse is daar altesaam? ______________ fietse

Hoeveel wiele is daar altesaam? ______________ wiele

Gestel nou dat in 1 van die fietsrakke net 13 fietse staan, hoeveel fietse en wiele is daar altesaam? ______________ fietse en ______________ wiele

Bonnie en Tommie woon 500m van die skool af en stap elke dag heen en weer. Hulle steek die straat by die skolierpatrollie oor.

  • Hoe ver loop hulle op 'n dag?

Hulle loop ____________________________________________________________

  • Hoe ver loop hulle in 4 weke?

Hulle loop ____________________________________________________________

  • Daar het vanoggend 418 voete by die skolierpatrollie oorgestap. Hoeveel leerders het oor die sebrastrepe geloop? _______________________ leerders.
  • Gaan vind uit:

1. Hoe ver woon jy van die skool af?

2. Hoe ver ry of loop jy elke dag?

3. Hoe ver ry of loop jy in 'n volle skoolweek?

4. Hoe ver woon die leerder wat die verste van die skool af woon?

5. Hoe ver woon die leerder wat die naaste aan die skool woon?

6. Bereken die verskil tussen die twee afstande?

  • Vra vir Juffrou om vir julle te help om die inligting hier op te som:

____________________ leerders nader as ½ km.

____________________ leerders verder as ½ tot 1km.

____________________ leerders verder as 1 tot 1½ km.

____________________ leerders verder as 1½ tot 2 km.

____________________ leerders verder as 2 km.

Hier is 'n grafiek van die afstande van die leerders in die tweeling se klas. Hulle grafiek is met swart getrek en met A gemerk. Vul nou jou eie klas se inligting op dieselfde grafiek in. Trek jou grafiek met 'n rooi potlood en merk dit met B.

Kom ons vergelyk die 2 klasse met mekaar. Vul net A of B in.

Bonnie en Tommie is baie opgewonde, want hulle gaan op 'n netbal- en rugbytoer vir Grade 3, 4 en 5.

Hier is die bus waarmee hulle gaan ry.

  • Teken dit oor op die blokke wat voorsien word.
  • Teken die bus soos van die voorkant en dan van die agterkant gesien.
  • Bring leë kartonhouers en ander afvalmateriaal en bou jou eie bus.

Gebruik jou eie metode om die probleme op te los.

  • Daar is 120 spelers en 8 afrigters wat gaan toer. Elke bus mag net 35 passasiers vervoer. Teken die busse wat nodig is om almal te vervoer.
  • Deel die spelers en die afrigters so in dat al die busse ewe veel spelers en afrigters het. Skryf dit op die buss. Hoeveel sitplekke sal oop wees in elke bus?
  • Daar is 15 spelers in 'n rugbyspan. Hoeveel spelers is in die 5 rugby-spanne altesaam? Daar is ________________________________________________
  • Daar is 7 spelers in 'n netbalspan. Hoeveel spelers is daar in die 5 netbalspanne altesaam? Daar is _____________________________________
  • Die ander spelers is reserwes. Hoeveel reserwes is daar? Daar is __________
  • Hulle vertrek Donderdag en sal 3 nagte uitslaap. Watter dag sal hulle terugkom? ______________________________________________________
  • Elke speler moet R100 bydra om 'n gedeelte van die onkoste te dek. Bonnie en Tommie gaan elkeen R50 sakgeld saamneem.Hoeveel sal dit vir die tweeling se ouers kos, sakgeld ingesluit, om hulle op die toer te laat gaan?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask