<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Sosiale ontwikkeling en loopbaanoriëntering

Module 28

Soorte beroepe en die aard van die werk

Aktiwiteit 1:

Om ‘n beeld te vorm van soorte beroepe en die aard van die werk wat elkeen van die beroepe behels

[LU 5.1]

Werk saam in groepies van 3 – 4 en identifiseer 5 persone wat verskillende beroepe beoefen. Dit moenie net jou ouers en onderwysers wees nie. Vra vir die buurman watter tipe werk hy doen, vra jou ma se vriendin watter tipe werk sy doen, ens. Beweeg weg van net die onmiddellike kring van die gesin.

Vind dan uit wat doen die persoon in die beoefening van sy beroep. Stel julle inligting op die volgende manier saam:

Tipe Beroep Wat doen ‘n mens in die beroep?
1.
2.
3.
4.
5.

Gebruik julle verbeelding en gebruik uitknipsels uit tydskrifte en koerante om ‘n collage te vorm wat mense in hierdie beroepe in die uitvoer van hulle spesifieke take voorstel.

In die volgende periode moet julle in julle groepe mondeling aan mekaar verslag doen oor wat julle uitgeving het. Die collages word gebruik as demonstrasie by die verslaglewering en word daarna deur die onderwyser geëvalueer en gebruik aas versiering vir die klaskamer.

Assessering

LU 5
Oriëntering Ten Opsigte Van Die Wêreld Van WerkDie leerder sal in staat wees om ingeligte keuses oor verdere studie- en loopbaankeuses te maak.
Dit word bewys as die leerder:
5.1 loopbaan- en studieopsies en verbandhoudende vereistes kan identifiseer; en
5.2 loopbaan- en studiegeleenthede wat met eie belangstellings en aanleg verband hou, kan ondersoek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask