<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 1   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Word slim met syfers

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 1-opvoeder moet vasstel of die leerders ‘n preprimêre klas bygewoon het. Vir dié wat nie in ‘n preprimêre klas was nie, is dit nodig om Modules 1 en 2 aan te pas om meer aktiwiteite in te sluit ten einde die woordeskat en konsepte in hierdie modules te versterk. Vir dié wat wel in ‘n preprimêre klas was, sal Modules 1 en 2 as hersiening dien en sal aan die opvoeder ‘n duidelike beeld gee van hoeveel hulle weet.

TYDTOEWYSING

Daar is twee modules vir elke kwartaal. Dit kan egter gebeur dat vinnige werkers die modules in ‘n korter tyd sal voltooi as dié wat stadiger werk. Dit staan die opvoeder vry om die getalgebied uit te brei volgens die leerders se vermoë. Modules 1 - 7 is die minimum vereiste vir die stadige leerders.

Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

Aktiwiteite handel oor vakansietyd. Dit bestaan uit die volgende:

  • getalbegrip 1 tot 19;
  • telaktiwiteite in 2’e, 3’e, 4’e, 5’e en 10’e;
  • halvering en verdubbeling tot 20;
  • woordsomme;
  • deling;
  • simmetrie: linker- en regterkant;
  • rigtingaanwysings met behulp van ‘n kaart;
  • samestellings van 10;
  • vermenigvuldiging as herhaalde optelling;
  • grafieke om die verkoop van boeke aan te dui; en
  • spoedtoetse.

Leerders afdeling

Inhoud

Die winkels hou uitverkopings

  • Teken wat jy graag sal wil koop.
R10 R10
R10 R10
  • Hoeveel geld het jy nodig? R ………………………………………………….
  • Die winkel gee jou nog afslag van R5. Jy betaal net R ………………………..
  • Teken R5 se verskillende munte.
LU 1.5
  • Ruil die munte uit vir kleingeld.
LU 1.5
  • Skat hoeveel bottels verf is op die rak.
  • Ek skat ……………………………….. bottels.
  • Tel die bottels.
  • Daar is ………………………………….. bottels.
  • Een minder is ……………………………………
  • Een meer is ………………………………………
  • Twee minder is ………………………………….
  • Twee meer is …………………………………….
  • Tien minder is ……………………………………
  • Voltooi die getallelyn.
LU 1.1 LU 1.7 LU 1.9

Skakel die liggies aan

LU 1.7 LU 1.8
  • Tel die geskenke.
  • Daar is ………………………………ag geskenke.
  • Skryf weer ………………………………………….. 18 agtien
  • Een meer as 18 is ……………………………………………….
  • Een minder as 18 is ……………………………………………..
  • Teken agtien strikke.
LU 1.1 LU 1.3
  • Daar is ……………………………………… kerse.
  • Voltooi die getalsinne.

7 + ...... = 10

5 + ...... = 10

4 + ...... = 10

3 + ...... = 10

8 + ...... = 10

1 + ...... = 10

2 + ...... = 10

10 - 3 = ......

10 - 9 = ......

10 - 2 = ......

10 - 5 = ......

10 - 7 = ......

10 - 1 = ......

10 - 4 = ......

LU 1.1 LU 1.8
  • Ek wil elke kamer versier met klokkies.
  • Teken die klokkies.
LU 1.7

Lees en pas

  • Voltooi.

2, 4, 6, ........, ........, ........, ........, ........, ........, ........, ..........

10, 20, ........, ........, ........, ........, ........, ........, ........, ...........

LU 1.3 LU 2.2

Assessering

Leeruitkomste 1: GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tot minstens 34 alledaagse voorwerpe akkuraat tel;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder getalsimbole van 1 tot minstens 100 en skryf getalname van 1 tot minstens 34 ken en lees;

Assesseringstandaard 1.5: Dit is duidelik wanneer die leerder geldprobleme oplos wat totale en kleingeld in rand en sent behels;

Assesseringstandaard 1.7: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge gebruik om probleme te kan oplos;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat optelling en aftrekking van getalle tot minstens 10 behels;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder tegnieke gebruik.

Leeruitkomste 2: PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRA: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige getalreekse kopieer en uitbrei tot minstens 100.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 1. OpenStax CNX. Oct 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11125/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask