<< Chapter < Page Chapter >> Page >

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

  • Nie alle stowwe is ewe oplosbaar nie .
  • Die oplosbaarheid hang af van die soort stof .

OPDRAG 16

Nog ‘n eksperiment om aan te toon dat alle stowwe nie in water oplos nie.

Benodigdhede : ‘n glas kraanwater

kookolie

‘n teelepel

  • Maak die glas half vol water.
  • Gooi ‘n bietjie olie bo-op die water.
  • Roer die olie en water ‘n paar minute lank

Wat neem jy waar?

1. Wat sien jy?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. Waar is die olie?

_____________________________________________________________________

3. Kan olie in water oplos?

_____________________________________________________________________

4. Wat is die rede vir bogenoemde antwoord?

SOOS WATER OP ‘N EEND SE RUG

Ons sê dit vir mense wat nie deur probleme ondergekry word nie.

Wanneer ‘n eend water op sy rug kry, rol dit af .

Hy word glad nie nat nie!

Eende se vere is olierig. Water en olie kan nie meng

nie, daarom loop water van eende se vere af.

Die meeste water- en seevoëls het olierige vere.

Pikkewyne en ander seevoëls raak baie swaar

wanneer hulle met olie bedek word

wanneer die see met olie besoedel is.

Hulle kan glad nie opvlieg nie en verdrink dan later.

Om hulle te red, moet hulle afgewas word

met ‘n soort opwasmiddel

sodat die olie van hul vere kan afwas.

Wanneer hulle skoon gewas is, mag hulle nie

dadelik weer in die see losgelaat word nie,

want hulle sal deurnat word en baie koud kry.

Die voëls moet dan tussen twee tot drie weke

lank in ‘n plek bly totdat hul vere weer met hulle eie

spesiale olie bedek is.

APDRAG 17

Om vas te stel hoe die oplosmiddel oplosbaarheid beïnvloed.

Benodigdhede: water

brandspiritus

twee glasflesse

naftaleenvlokkies (of maak motbolletjies fyn)

  • Gooi ‘n bietjie water in een fles en ‘n bietjie brandspiritus in die ander een.
  • Voeg ‘n teelepel naftaleenvlokkies by elke fles en roer.

Wat neem jy waar?

1. Wat gebeur?

_____________________________________________________________________

2. Kan jy verduidelik waarom dit gebeur het?

_____________________________________________________________________

3. Voltooi:

Naftaleen los maklik in _____________________ op, maar is onoplosbaar in ____________________.

ONTHOU:

Ons het nou in al die eksperimente behalwe die laaste een

WATER as die oplosmiddel gebruik.

Daar is egter baie ander oplosmiddels

wat gebruik kan word, soos

brandspiritus, paraffien, ens.

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke beplan: bespreek die vrae wat nodig is vir ondersoek en beskryf die tipe inligting wat benodig word om die vrae te beantwoord;

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask