<< Chapter < Page Chapter >> Page >

KUNS EN KULTUUR

Graad 4

SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDING

Module 26

MUSIEK: JOU EIE MUSIEK

JOU EIE MUSIEK

Aktiwiteit 1

Om jou eie instrumente te maak [LU 1.8]

W at word van my verwag?

Die eindproduk moet klank kan produseer (maak), anders is dit nie ‘n instrument nie!

Gebruik enige beskikbare of afvalprodukte – blikke, stokkies, papierborde, klippe, leë toiletrolle, skulpies, koeldrankdoppies, koperpypies, droë bone en spykers is maar enkele voorbeelde!

MOET NIE ENIGIETS AANKOOP NIE.

Eksperimenteer met KLANK:

Watter tegnieke kan ek gebruik?

(skud, kap, skraap, ens.)

Hoe kan ek die klank verander? (hoog/laag; hard/sag; helder/gedemp)

Voorbeeld 1

Gebruik twee potlode as ritmestokkies . Tik die potlode/stokkies teen mekaar en maak jou eie afleiding van hoe die klank verander.

Sal dikker stokkies dieselfde klink as dunner stokkies? ....................................

Hoe verskil die klank? ........................................................................................

Sal die klank verander as jy die stokkie op verskillende plekke tik? ..................

Hoe verskil die klank as jy dit op die punt tik teenoor wanneer jy dit in die middel tik?

............................................................................................................................

Voorbeeld 2

‘n Leë blikkie met plastiek deksel

Hoe kan jy die blikkie gebruik as die volgende instrumente?

Trom .................................................................................................................

Marakka ...........................................................................................................

Hoe kan jy die klank verander by elk van hierdie instrumente?

Marakka ............................................................................................................

Trom .................................................................................................................

N og moontlikhede:

Kyk om jou rond! Wat kan gebruik word om klank mee te produseer?

Jy kan bykans elke voorwerp waaraan jy raak, gebruik!

Wees oorspronklik!

Aktiwiteit 2

Om te onderskei tussen klank en stilte [LU 1.6, 1.7]

Die opvoeder sal naamspeletjies met julle speel.

Voltooi die volgende deur jou naam daarna in Morsekode by te voeg.

Wat is jou naam.▬   ▬▬▬▬ is my naam. 4

As ons ‘n noot met stilte vervang, noem ons dit ‘n .

Voltooi:
Skryf die note oor in Morsekode: Wat word die note genoem:

Aktiwiteit 3

Om te onderskei tussen hoog en laag [LU 1.7, 1.9]

Toonhoogte beteken hoe hoog of laag ‘n noot is

Voltooi die volgende:

Jan is my naam.▬  ▬▬▬▬ Wat is jou naam ?

Skryf nou jou naam neer soos wat dit gesê word – onderskei tussen hoog en laag:

Voorbeeld:

Ger – da ▬ ▬ of Ger – da ▬ ▬ of Ger – da ▬ ▬

...............................................................................................................

Speletjie :

Plak hier die twee patrone wat jy moet oefen en voordra:

Skryf jou eie patroon neer in Morsekode of notasie

Aktiwiteit 4

Om ‘n klankstuk te skep [LU 1.6, 1.7, 1.9]

Lees die volgende volksverhaal uit Nigerië:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask