<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

In die woud saam met willie

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.

Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)

Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.

Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.

In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.

TYDSKEDULE

Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.

Nou kuier ons (die leerders) in die bos saam met Willie.

Leerders bespreek en besluit:

Wat sal hulle alles in die bos kan doen?

Wie sal hulle almal daar kry?

Sal dit vir hulle lekker wees?

INTEGRASIE VAN TEMAS

Sosiale geregtighede

  • Leerders besef hoe anders ander kulture woon en leef. Almal moet gerespekteer word.

‘n Gesonde omgewing

  • Die Wapse leer die leerders om vir die natuur te sorg en om hul omgewing skoon te hou.

Die aktiwiteit op die bladsy is ‘n luisteraktiwiteit. Leerders benodig slegs die gegewe bladsy en potlode / kryte. Die onderwyser gee die volgende opdrag stadig en herhaal dit een keer. Daarna moet leerders dit korrek sonder hulp teken. Indien verkies, kan die opdrag langer of korter gemaak word. Leerders wat hiermee sukkel, moet oefening kry in soortgelyke opdragte.

Opdrag: Daar is ‘n prent van die woud. Willie se boomhuis is in die grootste boom. Willie en Makkie speel onder die boom. Links van die stroom staan Kallie en visvang. Regs van die stroom groei vier geel blomme.

Soos wat die leerders meer en meer onbekende tekste lees, gaan hulle dikwels nuwe woorde teëkom. Leerders moet tegnieke bemeester waarmee hulle die betekenisse van sulke woorde kan uitwerk. Aanvanklik kan hulle kyk of dit ‘n lang of ‘n kort woord is en begin- en eindklanke identifiseer. Hulle kan die woord, of deel daarvan, klank. Indien hulle nie die woord kan klank nie, kan hulle probeer raai wat die betekenis daarvan is deur na die konteks van die woord te kyk. Doen verskeie voorbeelde hiervan in die klas, sodat leerlinge die nodige selfvertroue ontwikkel.

LU 3.4

Die volgende aktiwiteit is ‘n bordspeletjie waarmee die leerders hersiening doen van woorde wat deur die jaar aangeleer is. Dit bestaan uit ‘n bord en ‘n aantal kaartjies wat losgeknip en omgedraai moet word. (Daar is ook ‘n blanko stel kaartjies waarop die onderwyser self nuwe woorde kan byvoeg.)

Twee tot ses leerders kan hierdie speletjie speel. Indien nodig, kan die onderwyser nog sulke stelle kopieer sodat die hele klas kan speel. (Om verwarring te voorkom kan elke stel ‘n ander kleur wees. Die speletjies kan ook oorgetrek word om te verseker dat hulle nie gou skeur nie.)

Elke speler benodig ‘n skuiwertjie (bv. ‘n knoop). Een dobbelsteen per stel word ook benodig. Die leerders maak beurte om te gooi en hulle skuiwertjies daarvolgens te skuif. Wanneer hulle op ‘n kaartjie met ‘n vraagteken kom, moet hulle een van die woordkaartjies optel en dit lees. (Die woordkaartjie word dan onderin die pak geplaas.) Indien hulle dit korrek lees, kry hulle nog ‘n beurt. Indien nie, is dit die volgende leerder se beurt. Daar is ook ander blokkies met opdragte wat die leerders moet uitvoer wanneer hulle daarop land. Die eerste leerling wat die eindblokkie bereik, wen.

Lu 3.4

Leerders afdeling

Inhoud

‘n gedig om te lees!

Saam met Willie in die woud

Hier word ons twee nooit ooit oud

Ons spring saam van tak tot tak

Steek mooi klippies in ons sak.

Makkie gaan mos oral saam

Ek ken hom, hy ken my naam!

Grootoog sit bo in die boom

Hy wil net die heeldag droom.

Ry nou trein met Meneer Mol

Al die trokke is propvol!

Kallie wil net skaatsplank ry

Stadig nou, voor jy dalk gly!

Sjoe, dis lekker in die bos!

Ek wil julle nooit hier los.

Maar ek moet nou huis toe gaan.

Die son sak al, daar kom die maan.

trein tonnel grond
boomhuis verjaarsdag herfs
lente somer winter
visvang fees krieket
sokker rugby tennis
gluur kraan skoen
gaste kuier ooreenkomste
verskille baljaar speletjies
links regs hoogste
laagste grootste kleinste
oranje geel bruin
seisoene verkleur vrugte
rus maatjies Toebels
krulhare wegkruipertjie groet
skaam vreemd stroom
LU 4.1
  • Skryf die woord wat by die prentjie pas.
LU 6.1

Assessering

Leeruitkomste 4: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband bring met letters en woorde.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask