<< Chapter < Page Chapter >> Page >

b) Watter omgewingsomstandighede kan die verspreiding van MIV/VIGS bevorder?

c) Wat beskou jy as jou verantwoordelikheid ten opsigte van MIV/VIGS, teenoor jouself maar ook teenoor ander?

2. TUBERKULOSE (TB)

  • Wat is tuberkulose (TB)?
  • Tuberkulose is ‘n siekte wat deur ‘n bakterieë veroorsaak word en meesal die longe, maar soms ook die rugmurg, hart en niere aantas. Dit versprei baie maklik na ander persone wanneer die persoon hoes, aangesien klein druppeltjies speeksel met elke hoes versprei en ander mense dit inasem. Daar word gereken dat iemand met TB drie ander mense aansteek voordat hy/sy met behandeling begin, en as so iemand nie die behandeling voltooi nie, nog tien mense aansteek voordat hy/sy sterf.
  • Simptome behels ‘n hoes wat weke lank duur, swakheid, nagsweet, borspyne en die hoes van bloed.

  • Hoe kan TB besmetting voorkom word?
  • Deur die liggaam sterk te hou en versigtig te wees in die omgang met ander mense. Mense wat binne asemhalingsafstand met TB-lyers verkeer, is baie blootgestel. Goeie huisvesting is dus belangrik.
  • Mense wat in myne waar silika voorkom (‘n tipe rots) raak ook ontvanklik vir die siekte.
  • Mense wat die simptome toon behoort hulself spoedig te laat toets.
  • Daarom is dit noodsaaklik dat mense ingelig moet wees oor die siekte.
  • Kan mense wat TB het gehelp word?
  • Ja. Klinieke, dokters en hospitale kan toetse doen. Die behandeling duur 6 – 9 maande. Die groot gevaar in die geval van TB lyers is dat hulle na ‘n paar dae se behandeling begin beter voel en dan die medisyne staak. Op dié stadium is egter slegs ‘n klein persentasie van die bakterieë dood en die res het begin om ‘n weerstand teen die medisyne op te bou. As die pasiënt dan weer sieker word, is die medisyne nie meer so effektief nie. Baie pasiënte sterf dan uiteindelik.

Opdrag:

Beplan ‘n veldtog om die situasie met betrekking tot TB in Suid-Afrika te verbeter.

3. MALARIA

  • Wat is malaria?
  • Malaria is ‘n siekte wat deur ‘n eensellige diertjie veroorsaak word wat in die rooibloedselle van die mens leef en vermeerder, en die sel laat doodgaan as hulle uitbreek. Dit vermeerder geweldig vinnig en kan die persoon vinnig laat baie siek word en sterf.
  • Die diertjie word na die mens toe oorgedra wanneer ‘n besmette muskiet hom steek.
  • Kan mense wat malaria het gehelp word?
  • Ja, mits hulle vinnig reageer op die simptome van besmetting en vinnig mediese hulp kan ontvang. Voorkomingsmedisyne is redelik effektief maar moet reg gebruik word. Daar moet bv. vir vier weke nadat ‘n besmette gebied verlaat is, met die medisyne aangehou word.
  • Die malariadiertjie is ongelukkig in staat om vinnig aan te pas en weerstand teen medisyne te bied. Dit maak dat medisyne wat aanvanklik effektief is, stelselmatig hul effektiwiteit verloor.
  • Simptome is aanvanklik soos dié van griep, maar hoofpyn en naarheid word erg en word gevolg deur hoë koors.

Opdrag:

Ondersoek die moontlikheid om malaria te bestry deur die omgewing in die gebiede waar dit algemeen voorkom, te behandel of te verander.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Gesondheids-bevorderingDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.1 ‘n aksie kan beplan waarmee wette en/of beleid vir die beskerming van omgewingsgesondheid, toegepas word om met ‘n omgewingsgesondheidsaangeleentheid te handel;
1.2 die oorsake van algemene siektes krities in terme van sosio-ekonomiese en omgewingsfaktore kan analiseer;
1.4 toon dat hy ingeligte en verantwoordelike besluite oor gesondheid en veiligheid kan neem; en
1.5 ‘n gesondheids- en veiligheidsaangeleentheid wat met geweld verband hou kan analiseer, en alternatiewe vir geweld asook teenstrategieë kan voorstel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask