<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
AFRIKAANS HUISTAAL
Graad 5
OOM KOWIE EN MISTER KING
Module 17
VERBUIGINGS VAN WOORDE
AKTIWITEIT 1
OM DIE FUNKSIE EN GEBRUIK VAN VERBUIGING IN ALLEDAAGSE ADJEKTIEWE TE VERSTAAN
[LU 6.2.13]
Lang Klanke en Kort Klanke
a) Woorde wat eindig op -ende
Die volgende woorde het LANG KLANKE
slaap slapende
raas rasende
rook rokende
sleep slepende
loop lopende
gaap gapende
bewaar bewarende
verdoof verdowende
Watter afleiding kan jy nou maak uit die bostaande woorde met lang klanke wat -ende bykry?
Voltooi die volgende deur -ende by elke vetgedrukte woord te voeg.
Kinders wat sit en gaap, is _ kinders.
'n Vuurtjie wat rook, is 'n _ vuurtjie.
'n Moeder wat huil, is 'n _ moeder.
Lawaai wat 'n mens se ore doof maak, is 'n _ lawaai.
Honde wat slaap, is _ honde.
Kinders wat raas, is _ kinders.
Water wat loop, is _ water.
Die hand van die HERE wat ons bewaar, noem ons
Sy _ hand.
b) Die volgende woorde het KORT KLANKE:
snik snikkende
val vallende
klop kloppende
buk bukkende
gil gillende
blaf blaffende
spat spattende
verstom verstommende
afmat afmattende
skok skokkende
Watter afleiding kan jy maak uit die bostaande woorde met kort klanke wat -ende bykry?
Voltooi die volgende deur -ende by elke vetgedrukte woord te voeg.
Harte wat vinnig klop, is _ harte.
Honde wat blaf, is _ honde.
Werk wat 'n mens afmat, is _ werk.
Meisies wat gil, is _ meisies.
Nuus wat 'n mens verstom, is _ nuus.
Soldate wat die vyande aanval, is _ soldate.
As iemand buk, sê ons hy is in 'n _ posisie.
Water wat spat, is _ water.
c) Woorde wat eindig op -ing
(a) Kyk na die vetgedrukte woord in die volgende sin.
Die verkyker was die ou bruin bobbejaan se redding toe die luiperd opdaag.
Van watter woord is die vetgedrukte woord afgelei?
Watter letters is by die woord gevoeg om die nuwe woord te vorm?
Wat het gebeur met die d in red toe die nuwe woord gevorm is?
Waarom het dit gebeur?
d) Kyk na die vetgedrukte woord in die volgende sin.
Die sloping van ou geboue vind al hoe meer plaas.
Van watter woord is hierdie woord afgelei?
Watter letters is by die woord gevoeg om die nuwe woord te vorm?
Wat het gebeur met die een o in sloop toe die nuwe woord gevorm is?
Waarom het dit gebeur?
e) Kyk na die woorde wat eindig op -ing.
daling | mening | vermaning |
woning | bewoning | bewaring |
lening | verdeling | besparing |
verpakking | (gebeds-)verhoring | (spys-)vertering |
Voltooi die volgende deur die antwoorde in die raam hierbo te vind.
As Pa ons vermaan, dan gee hy ons 'n _ .
As iemand in 'n huis woon, is dit sy _ .
As ons geld bespaar op ons inkopies, noem ons dit _ .
As ons geld by 'n bank leen, noem ons dit 'n _ .
As kos bewaar word, praat ons van die _ van kos.
As die goudprys daal, is daar 'n _ in die goudprys.
As ons meen dat 'n ding so is, is dit ons _ .
As 'n stuk grond verdeel word, vind daar 'n _ plaas.
As ‘n boek vertaal word, is dit ‘n _ .
As ons kos verteer word, praat ons van die _ .
As 'n gebed verhoor word, noem ons dit 'n _van gebed.
AKTIWITEIT 2
OM DIE FUNKSIE EN GEBRUIK VAN TRAPPE VAN VERGELYKING IN ALLEDAAGSE ADJEKTIEWE TE VERSTAAN
[LU 6.2.13]
Trappe van vergelyking
Julle sal hierdie werk maklik vind, aangesien julle Afrikaanssprekers is. Tog sal julle versigtig moet wees om nie spelfoute te maak nie.
Wanneer ons dinge of mense met mekaar vergelyk, kry ons drie trappe, naamlik die stellende trap, die vergrotende trap en die oortreffende trap. Ons sê die leerders in die klas op die hoek is gehoorsaam (stellende trap), die leerders in die klas langsaan is gehoorsamer (vergrotende trap) en die leerders in hierdie klas is die gehoorsaamste (oortreffende trap).
f) Voltooi nou die volgende deur die vergrotende en oortreffende by te voeg.
(i) hard
(ii) rooi
(iii) honger
(iv) dom
(v) wit
(vi) dik
(vii) maklik
(viii) versigtig
(ix) duur
(x) nat
g) PASOP vir ‘n byvoeglike naamwoord wat op –s eindig in die stellende trap. In die oortreffende trap word –ste bygevoeg en dus kry ons twee s’e.
(i) rats, ratser, ratsste
Voltooi:
(ii) vies
(iii) skaars
(iv) boos
(v) dors
(vi) vas
(vii) fluks
(viii) los
(xi) hees
(x) woes
h) Byvoeglike naamwoorde met -oo- en -oe-
Stellende Trap Vergrotende Trap Oortreffende Trap
(i) droog droër droogste
(ii) hoog
(iii) vroeg vroeër vroegste
(iv) moeg
My persoonlike woordelys
(gebruik die drie kolomme met hofies)
Woord | Opgebreek | Kort sin |
Assessering
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.2 met sinne werk:
6.2.13 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse adjektiewe: intensiewe vorme;
6.2.16 gebruik voorsetsels doeltreffend;
6.2.17 verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone;
6.3 met tekste werk:
6.3.1 gebruik kern- en ondergeskikte sinne om ‘n samehangende paragraaf te vorm;
6.3.2 gebruik voegwoorde en woorde wat tyd, oorsaak en gevolg aandui om logiese sinne en paragrawe te skep;
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:
gebruik ‘n verskeidenheid sinslengtes en -soorte;
wissel woordorde gepas vir fokus en klem;
6.4.4 gebruik taal met die gepaste formaliteitsgraad (register) in minder bekende situasies en toon bewustheid van teikengroep;
6.4.5 pas toon en woordkeuse vir verskillende teikengroepe en doeleindes aan.
Memorandum
Aktiwiteit 1
a) Lang klanke
Die een letter van die lang klank val weg wanneer dit -ende bykry.
gapende
rokende
huilende
oorverdowende
slapende
rasende
lopende
bewarende
b) Kort klanke
Die letter wat volg op die klinker, word verdubbel.
kloppende
blaffende
afmattende
gillende
verstommende
aanvallende
bukkende
spattende
c) Woorde met kort klanke wat eindig op -ing
red
–ding
Dit is verdubbel
Anders sou die kort klank (e) verlore gegaan het, nl. reding.
d) Woorde met lang klanke wat eindig op -ing
sloop
-ing
Dit het weggeval.
Dit bly ‘n lang klank omdat die woord net een p het.
e)
vermaning
woning
besparing
lening
bewaring
daling
mening
verdeling
vertaling
vertering
verhoring
Aktiwiteit 2
f) Trappe van vergelyking
(i) harder hardste
(ii) rooier rooiste
(iii) hongerder hongerste
(iv) dommer domste
(v) witter witste
(vi) dikker dikste
(vii) makliker maklikste
(viii) versigtiger versigtigste
(ix) duurder duurste
(x) natter natste
g) Trappe van vergelyking van woorde wat eindig op -s
(ii) vieser viesste
(iii) skaarser skaarsste
(iv) boser boosste
(v) dorser dorsste
(vi) vaster vasste
(vii) flukser fluksste
(viii) losser losste
(ix) heser heesste
(x) woester woesste
h) Trappe van vergelyking van woorde met –oo- en –oe-
(ii) hoër hoogste
(iv) moeër moegste
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?