<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 6

Fisiese ontwikkeling en beweging

Module 19

Noodhulp in verskeie situasies

Aktiwiteit 1:

Om d.m.v. rolspel noodhulp in verskeie situasies uit te beeld

[lu 4.5]

Rolspel

Die leerders word in groepies van 4 - 6 ingedeel en elke groep trek ‘n papiertjie met ‘n onderwerp uit ‘n sakkie. Die onderwerpe sluit verskeie noodsituasies in, bv. brandwonde, slangbyt, verdrinking, motorongelukke, blootstelling aan gifstowwe, ens.

Met leiding van die onderwyser moet hulle die noodsituasie uitbeeld en dan die “beseerde/s” korrek behandel. Noodhulpgidse kan aan die leerders uitgedeel word.

Na afloop van elke situasie moet leerders en die onderwyser korrekte of foutiewe optrede in die hantering van die situasie bespreek. Dit is belangrik dat die rolspel nie ontaard in ‘n grappige situasie nie, maar dat die erns daarvan, wat moontlik eendag werklik kan opduik, sterk onder die leerders se aandag gebring word.

Wenk:

Die plaaslike noodhulpliga of polisie is gewoonlik bereid om ‘n lesing-demonstrasie vir die leerders aan te bied.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
L IGGAAMLIKE O NTWIKKELING EN B EWEGINGDie leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 toepaslike begrippe in ’n verskeidenheid slaan-en veldwerkspeletjies toepas;
4.2 verfynde bewegingsreekse (-sekwensies) waarin verandering van vorm, spoed en rigting deur gimnastiese aksies beklemtoon word, demonstreer;
4.3 deelneem aan ’n fiksheidsprogram wat ontwerp is om spesifieke aspekte van fiksheid te ontwikkel;
4.4 ritmiese bewegingspatrone met koördinasie en beheer uitvoer;
4.5 basiese noodhulp in verskillende situasies toepas.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11001/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask