<< Chapter < Page Chapter >> Page >

“Brontosourus” beteken “donderende akkedis”, heelwaarskynlik omdat dit so groot en lank was dat as dit beweeg het, dit soos donder geklink het.

Die Brontosourus het ‘n baie groot lyf met ‘n lang, sterk swaaiende stert gehad. Sy nek was lank en dun en sy kop baie klein.

Die Diplodokus was enorm en het effens na die Brontosourus gelyk.

Die Stegosourus het rye lang skerp punte langs sy rug af gehad. Hierdie skerp punte het tot aan die onderpunt van sy kragtige stert voorgekom. Aan die onderpunt van sy stert het vier sterk horings gegroei. Hierdie horings is gebruik om aanvallende vyande weg te hou. Die Stegosourus het stadig beweeg. Sy nek was kort en hy het die blare van varings en bosse geëet.

Die Triseratops het sterk horings op sy voorkop en een op sy neus gehad. Om sy nek was ‘n groot benerige kraag om sy skouers te beskerm. As ‘n Tirannosourus Rex hul kleintjies bedreig het, het die Triseratops dinosourusse ‘n sirkel gevorm met die kleintjies in die middel, na vore gedraai en so die vyand afgeskrik.

Tirannosourus Rex beteken “koning van die tiran-reptiele”. Dit was die grootste, wreedste vleis-etende dinosourus. Dit was omtrent so lank soos vier motors, so hoog soos die hoogste kameelperd en het lang skerp tande gehad. Dit kon baie vinnig op sy sterk agterpote hardloop. Sy voorpote was dun en kort en is heelwaarskynlik net gebruik om sy prooi mee vas te gryp.

Die meeste dinosourusse se lywe was beskerm met dik velle met skubbe. Sommige dinosourusse was besonder klein, maar hulle kon baie vinnig beweeg.

Die seë en riviere was vol van ‘n menigte wrede reptiele en visagtige dierasies. Hulle moes na die oppervlakte kom vir suurstof. Hulle het hul eiers op die strand gelê.

Daar was ook baie soorte vlieënde reptiele. Sommige was klein en ander was groot. Die Pterosourus het geen vere gehad nie. Dit het ‘n lang bek met tande gehad. “Pterosourus” beteken “gevleuelde reptiel”. Sommige vlieënde reptiele het baie lang sterte gehad. Hierdie voëlagtige reptiele kon baie goed sien.

LU 1.2 LU 3.1 LU 3.5

Vir jou om te doen:

  • Vra vrae oor enigiets wat jy nie verstaan nie.
  • Lees “Lank, lank gelede” vir ‘n maat.
  • Lees dit vir Juffrou.
LU 1.4 LU 2.5 LU 3.2
  • Beantwoord die vrae oor “Lank, lank gelede” op p. 5 en doen die volgende aktiwiteite:

1. Gebruik ‘n woordeboek en slaan na wat hierdie woorde beteken.

wreedaardige : .................................................................................................................

enorm : ………………………………………………………………………………….

bedreig : ………………………………………………………………………………...

tiran : ……………………………………………………………………………………

2. Lees weer die storie en soek ‘n ander woord wat dieselfde beteken as:

wreedaardige ……………………………………………………

enorm ……………………………………………………………

kragtige …………………………………………………………

planteters …………………………………………………………

vleiseters …………………………………………………………

donderende akkedis ………………………………………………

LU 3.5 LU 6.2
  • Kyk na die prente en maak jou eie tekeninge.
  • Bespreek watter kenmerke hulle het wat dieselfde is (ooreenkomste).
  • Wat is anders? (verskille)

Die Brontosourus

Tirannosourus Rex

LU 1.4 LU 2.8 LU 3.1
  • Skryf oor hulle ooreenkomste en verskille.

..........................................................................................................................................

LU 4.6 LU 4.7 LU 5.2
  • Skryf versigtig en netjies oor.
LU 4.1

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask