<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die voorval het op Saterdag 6 Julie na die tiende wedren in die openbaar

plaasgevind toe Maharaj glo die opsiener, Steve Arendse, bloedneus geslaan het.

Maharaj word ook daarvan beskuldig dat hy skeltaal teenoor amptenare van die Jokkieklub gebruik het en van aggressiewe en beledigende gedrag in die opsiener se bestuurskamer op Greyville.

Die senior Gautengse advokaat, David Beasely, is die voorsitter van

die ondersoekraad.

Ander aanklagte wat teen Maharaj ingedien is, sluit in skel op die

hoofopsiener, Roger Smith, nadat Maharaj hom gebel het in verband met

die voorgee van ‘n perd onder sy sorg.

Maharaj het ook blykbaar die senior voorgeër, Colin Buckman, in verband met

dieselfde perd gebel en hom herhaaldelik gevloek en beledig deur

Buckman ‘n "hond" te noem.

In ‘n afskrif van ‘n bandopname wat in die bestuurskamer opgeneem en as

getuienis ingedien is, het Maharaj na bewering die voorsitter van die

opsienersraad, Trevor Taylor, genader om ‘n klag in te dien, maar is deur

Taylor ingelig dat die saak reeds ondersoek word.

Maharaj het die bestuurskamer verlaat waarna hy en die Jokkie-akademie se

rymeester, Paul Gadsby, handgemeen geraak het. Maharaj het Gadsby

daarvan beskuldig dat hy hom geslaan het, maar volgens Taylor het Gadsby

nie aan Maharaj geraak nie.

‘n Skerp woordewisseling het gevolg, waarna Maharaj glo Taylor wou slaan en

deur lede van die opsienersraad bedwing moes word.

Maharaj is uiteindelik oorreed om die bestuurskamer te verlaat, maar het

later met beveiligingsbeamptes teruggekeer nadat hy Arendse na bewering in

die paradebaan geslaan het.

Maharaj is in kennis gestel dat sy gedrag ondersoek sal word, waarna hy op

bevel van Taylor van die baan begelei is.

Gadsby het onder kruisverhoor erken dat hy Maharaj geslaan het, maar eers

nadat Maharaj hom gevloek het.

Reggie Reddy verteenwoordig Maharaj en die saak is tot 23 Oktober verdaag.

Die burger, 11 maart 2002

Chaos ná 2 vroue sê hul wen fietsren

KAAPSTAD. 'n Yslike twis het gister by die wenstreep van die Cape Argus en

Pick 'n Pay se fietswedren ontstaan nadat die Oos-Kapenaar Anriëtte Schoeman eers as die vrouewenner gekroon is, maar dié uitslag opgeskort is ná klagtes van 'n betreklik onbekende ryer.

Ronel Liss, 'n voormalige baanatleet van Stellenbosch, het sekondes ná die

prysoorhandiging aan beamptes gesê sy was die eerste vrou oor die wenstreep.

Die organiseerders het besluit om die voorlopige uitslag eers op te skort

sodat ondersoek na die vertoning van Liss en Schoeman ingestel kan word. Dit

kan tot 48 uur duur, het me. Marlene Blaauw, woordvoerder van die

organiseerders, gesê.

TV-opnames toon Liss het wel eerste oor die wenstreep gejaag en sowat 15

sekondes voor Schoeman geëindig.

Die ander voorste vrouejaers in die wedren beweer egter almal hulle het haar

nooit tydens die wedren gesien nie.

Schoeman is deur die media en beamptes oorval nadat sy die wenstreep

oorgesteek het.

Sy het vertel watter grootse oomblik dit vir haar is om die wedren die derde

jaar agtereenvolgens te wen. Daarna is sy op die wennerspodium deur Kaapstad se burgemeester, mnr. Gerald Morkel, gelukgewens.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask