<< Chapter < Page Chapter >> Page >

skeidsregter "anti-Suid-Afrikaans" was. Hy en sy ondersteuners moet duidelik

verstaan dat sulke gedrag as anti-Suid-Afrikaans beskou word omdat dit ‘n

rimpeleffek het.

In ‘n beskaafde land toon die skare hul misnoeë met ‘n gejou en soms sis hulle. Hulle storm nie ten aanskoue van miljoene mense − en kinders − op die

veld en rand die skeidsregter aan nie. Dit geld ook vir sokkerboewe wat al by

geleentheid die skeidsregter en spelers bygedam het.

Maar dis asof mense deesdae al meer van sulke boewe die helde wil maak. Die

hemele behoede!

  1. Eikesta dnuus , 30 Augustus 2002

Klub geskors in eeufeesjaar

Daar hang ‘n skaduwee oor die Pniel Villagers Rugbyklub se honderdjarige

bestaansvieringe nadat die klub vir twee wedstryde geskors is.

Die skorsing volg op die voorval op 10 Augustus toe Pniel Villagers teen UWK

kragte gemeet het op UWK se veld, en ‘n bakleiery na die wedstryd uitgebreek

het.

Die klub se voorsitter, mnr. Keith Cyster, sê die hele dorp is in rou gedompel

oor die skorsing, aangesien almal daar "rugby eet, werk, en leef − dis soos

‘n godsdiens".

Volgens Cyster is die betrokke wedstryd in ‘n goeie gees gespeel en die

toeskouers is op aanskoulike rugby getrakteer. Pniel Villagers het dan ook

in die tweede helfte − na ‘n rustydtelling van 0-27 − teruggeveg om die

wedstryd 32-30 te wen.

Nadat die spelers van die veld gestap het, het ‘n UWK-speler wat vroeër in

die wedstryd ‘n geel kaart gekry het, op Garland Alberts van Pniel Villagers

afgestorm, hom beledig en ‘n hou in sy rigting geslaan.

Die UWK-speler het toe met ‘n "dreigende houding" op die vroulike

ondersteuners van Pniel Villagers afgepyl. Pniel Villagers se spelers het

dadelik heftig gereageer, waarna die klippe van die paviljoen se kant af op

die spelers begin reën het.

Cyster sê selfs die plaveisel en trappe se stene is deur die UWK-toeskouers

uitgebreek en na die Pniel Villagers se spelers en ondersteuners geslinger.

Hy het ook bevestig dat van die spelers en ondersteuners vir steek- en

snywonde behandel is.

Die bestuur van Pniel Villagers het hul eweknie van die UWK gevra om die

skuldiges te identifiseer en die saak intern op te los, maar geen terugvoer

is van die UWK-bestuur ontvang nie.

Die WP Rugbyvoetbalunie het derhalwe albei klubs op 22 Augustus vir twee

wedstryde geskors. Pniel Villagers is ‘n boete van R5 000 opgelê en moet ook

R1 500 skadevergoeding betaal. UWK moet R2 000 opdok.

Pniel Villagers het dadelik appél aangeteken teen die skorsing en die klub

is toegelaat om verlede Saterdag teen Kuilsrivier uit te draf.

Die uitslae van die appèlkomitee word vroeg in volgende week verwag.

Die president van die WP Rugbyvoetbalunie, mnr. Koos Basson, het gesê die

unie sal geen vorm van geweld op die rugbyveld duld nie. Hy het die

versekering gee dat daar teen oortreders opgetree sal word.

Die burger, 21 augustus 2002

Afrigter in knyp oor slanery op July-dag

Durban − Die afrigter Anil Maharaj van KwaZulu-Natal staar lewenslange

skorsing in die gesig nadat hy, onder andere, na bewering ‘n besoldigde opsiener

op July-dag op Greyville bygedam het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask