<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die optog in die Noord-Kaap is bedoel om druk op die Britse Hoërhuis te plaas dat ‘n hofsaak, waarby regseise van 3 000 Suid-Afrikaanse lyers van asbesverwante siekte betrokke is, in Brittanje verhoor word. Hulle eis vergoeding van Cape, eens die grootste asbesmaatskappy ter wêreld.

Uit: Die Burger , 26 Desember 1999

Berig 3

Besoedeling wesenlike probleem in Hongkong

HONGKONG – Dié stad was Donderdag weer in ‘n digte rookmis gehul en besoedelingsvlakke het vir die tweede dag agtereenvolgens gevaarlike vlakke bereik. Inligtingsborde langs die paaie het “baie hoë vlakke” geregistreer en mense met hart- en longprobleme aangeraai om binnenshuis te bly.

Woensdag het die Air Pollution Index, wat besoedelingspartikels in die lug meet, ‘n vlak van 170 aangeteken. Dit is die hoogste sedert Maart 2000 toe 174 gehaal is. Uit onlangse studies blyk dit dat die besoedeling veroorsaak het dat sowat 17 500 mense al hospitaalbehandeling moes ontvang – (Sapa-DPA)

Berig 4

kleinboere ontevrede met mynmaatskappye

LIMA (Peru) – Sowat 1 000 kleinboere het na ‘n staptog van ‘n week verlede Maandag hier aangekom en regeringsoptrede geëis teen wat hulle beskryf as die “besoedeling van of beslaglegging op grond deur groot mynmaatskappye”.

“Ons is nie teen mynontwikkelings nie, maar ons wil hê die plaaslike gemeenskappe moet geken word in die saak,” het mnr. Miguel Palacin, leier van die drukgroep wat namens 1 135 gemeenskappe optree, gesê.

“Die regering stel nie belang daarin om te luister na ons probleme nie. Die probleem is dat die mynmaatskappye ons grond en riviere besoedel en ons gesondheid ondermyn,” het Palacin gesê. ‘n Beampte van die ministerie vir energie- en mynwese het gesê die regering sal die klagte ondersoek. – (Reuters)

1. Skryf ‘n kort sin om die probleem in elke koerantberig op te som.

2. Bespreek die volgende stellings:

Die plasing van nywerhede veroorsaak dat sekere groepe meer blootgestel is aan ongesonde toestande as ander.

Daardie pragtige meubelstuk in welgestelde huishoudings het dalk die wêreld armer gemaak.

Mynbesture het ‘n verantwoordelikheid teenoor sy werkers om vroegtydig die gevare waaraan die werkers blootgestel is, te identifiseer en aan te spreek.

3. Gesels met jou plaaslike geneesheer om uit te vind watter soorte siektes deur mynwerkers opgedoen word.

C. Asbesmyne se rol in asbestose

Asbes word reeds sedert die begin van die 20ste eeu in Suid-Afrika gemyn.

Teen 1910 was daar reeds vyf asbesmyne in ons land. Hoewel daar reeds vroeg in ander lande aksie geneem is om die skadelike uitwerking van die asbesvesel te bekamp, het Suid-Afrika nie aanvanklik genoeg gedoen om die arbeiders oor die gevare van asbes in te lig nie.

Vandag nog is daar myne waar kinders in besmette areas speel.

Asbestose

  • Oorsprong en aard:Dit is ‘n baie ernstige longkwaal wat gevind word by mense wat vir ‘n lang periode aan asbesmateriaal (vesel) blootgestel was. Die vesel word ingeasem en pak dan saam in die lugsakkies waar dit die lugwande beskadig. So word die lug se vermoë om gasse te wissel negatief beïnvloed.Die persoon met asbestose se kanse om longkanker op te doen is vyf keer groter as ‘n gesonde persoon s’n.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask