<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graag 6

Fisiese ontwikkeling en beweging

Module 18

Ritmiese beweging en patroonformasie

Aktiwiteit 1:

Om ritmiese bewegings en patroonformasie uit te voer

[lu 4.4]

Die Monsterdans

Materiaal: Bandspeler met kassette of CD’s. (Leerders kan aangemoedig word om hulle eie musiek te voorsien.)

  • Die leerders word in gelyke groepe van 8 -12 gedeel.
  • Die opdrag is om ‘n “monster” te vorm, saamgestel uit die liggame van die leerders.
  • Leerders kry 10 minute om die “monster”-samestelling en sy-dans uit te werk.
  • As daar bv. 12 leerders is, mag daar net agt “pote” aan die vloer raak, d.w.s. van die leerders sal op die ander se skouers of rûe moet ry.
  • Die “monster” moet ten minste drie meter ver kan beweeg.
  • Die bewegings moet gekoördineerd en op maat van die musiek uitgevoer word.
  • Die “monsters” kry geleentheid om hulle dans om die beurt uit te voer.
  • Die klas kan stem vir die beste “monster”. (Koördinasie en kontrole is belangrike aspekte wat in aanmerking geneem moet word vir assessering.)

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
L IGGAAMLIKE O NTWIKKELING EN B EWEGINGDie leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 toepaslike begrippe in ’n verskeidenheid slaan-en veldwerkspeletjies toepas;
4.2 verfynde bewegingsreekse (-sekwensies) waarin verandering van vorm, spoed en rigting deur gimnastiese aksies beklemtoon word, demonstreer;
4.3 deelneem aan ’n fiksheidsprogram wat ontwerp is om spesifieke aspekte van fiksheid te ontwikkel;
4.4 ritmiese bewegingspatrone met koördinasie en beheer uitvoer;
4.5 basiese noodhulp in verskillende situasies toepas.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11001/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask