<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Nie-buigbare materiale as opsie

As jy bv. riete of stroke rubber as inslag wil gebruik, moet jy dit net die verlangde breedte knip en een-een afwisselend deurryg. Herhaal totdat die hele breedte toegeweef is.

Vir interessantheid

Raadpleeg bronne oor weefmetodes en probeer patrone in jou voordeurmatjie inweef.

Knip nou die inslagdrade in die middel aan die onderkant deur en knoop hulle twee-twee aanmekaar om fraiings aan beide kante te vorm. Knip die fraiings korter en gelyk of soos verlang nadat almal stewig geknoop is. Haal die mat uit die druiwedeksel.

[LU 1.8]

Opdrag 4

Teken jou voltooide voordeurmat volledig in 3D met byskrifte en in kleur. Dui ook die werklike grootte (lengte en breedte) aan.

[LU 1.12]

Agtergrond

Dit is baie moeilik om van plastiek in die natuur ontslae te raak, aangesien dit nie natuurlik opbreek en in die grond geabsorbeer kan word nie en omdat dit ‘n mensgemaakte stof is. Dit vorm dus nie-bio-afbreekbare afval. Metaal en glas vergaan ook baie moeilik vanself in die natuur. As jy dus plastiek kan herwin, dit wil sê, deur ou produkte te gebruik om nuwe produkte van te maak, verminder jy die afvalstowwe op aarde en doen jy iets positiefs om die aarde se voortbestaan te verseker.

Opdrag 5

Skryf vyf voorbeelde neer waar ou plastiek-, metaal- en glasprodukte gebruik is om nuwe produkte te maak.

[LU 3.2]

Opdrag 6

Evaluering

Voldoen jou voordeurmat aan jou verwagting? Motiveer met redes.

Skryf twee dinge neer wat moeilik was om te doen.

Skryf twee dinge neer wat maklik was om te doen.

Watter probleme het opgeduik en hoe het jy dit opgelos?

[LU 1.11]

Vra ten minste drie volwassenes se eerlike opinie oor jou mat en hoeveel hulle vir so ‘n mat sou betaal. Stel 'n tabel soos die volgende op:

WIE OPINIE PRYS

Skryf ten minste drie aanbevelings neer hoe jy jou ontwerp en produk kan verbeter as jy dit weer moes doen.

Bereken by benadering hoeveel dit jou gekos het om die matjie te maak.

Hoeveel tyd het jy spandeer om die mat te weef?

[LU 1.10]

UITDAGING: Wil jy nie in jou vrye tyd matte weef en probeer verkoop nie?

Assessering

LU 1

TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

ondersoek:

1.2 uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en sommige ontwerpsaspekte (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk, waarvan dit gemaak is) identifiseer;

1.3 waar gepas ‘n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:1.3.1 beplan die ondersoek;

voer die ondersoek uit;

1.3.3 verwerk en interpreteer data;

1.3.4 evalueer en kommunikeer bevindinge;

ontwerp:

met bystand ‘n kort en duidelike stelling (ontwerpopdrag) met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid skryf of kommunikeer en ‘n mate van begrip vir die tegnologiese doel van die oplossing toon;

maak:

1.5 minstens twee alternatiewe oplossings vir die probleem, behoefte of geleentheid voorstel wat met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing) skakel, en dit aanteken;

1.6 een van hierdie oplossings kies, redes gee vir die keuse en die idee verder ontwikkel;

1.8 gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;

evalueer:

1.10 met bystand die produk evalueer volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing), en stel verbeteringe en wysigings voor, indien nodig;

1.11 die aksieplan wat gevolg is, evalueer en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

kommunikeer:

tweedimensionele sketse met byskrifte maak en, indien gepas, kleur gebruik om dit doeltreffender te maak;

LU 3

Tegnologie, Samelewing en Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van verwantskappe tussen wetenskap, tegnologie, die samelewing en die omgewing oor tyd heen te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

impak van tegnologie

3.1 herken hoe produkte en tegnologie uit ander tye en kulture aangepas is;

3.2 die moontlike positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op mense se lewensgehalte en/of die omgewingsgesondheid identifiseer.

Memorandum

Opdrag 3

(a) oorspronklikheid eie diskresie

oorspronklikheid/kreatiwiteit, eie diskresie

Opdrag 4

Volledigheid, gebruik van kleur, verhouding, byskrifte, eie diskresie

Opdrag 5

Waarnemingsvermoë, oorspronklikheid, kreatiwiteit, eie diskresie

Opdrag 6

Noukeurige waarneming, eerlikheid, deeglikheid, eie diskresie

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask