<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Verdeel nou in pare. Jy en jou maat is ook in ‘n vliegtuig op pad êrens heen wanneer julle vliegtuig neerstort. Wonder bo wonder oorleef julle ook. Kies nou een van die volgende plekke waar julle aan die lewe moet bly:

  • ‘n eiland in die see;
  • ‘n woestyn;
  • êrens in Antarktika

Julle moet aan die klas kom vertel hoe julle aan die lewe bly. Die volgende moet bespreek word:

  • Hoe kry julle kos in die hande?
  • Hoe kry julle water in die hande?
  • Watter skuiling bou julle en waarvan bou julle dit?
  • Julle het ‘n spieëltjie, ‘n notaboekie, ‘n pen, ‘n vergrootglas en een kombers.
  • Hoe maak julle vuur? Hoe kook julle kos?
  • Hoe beskerm julle julleself teen geweldige koue/hitte?
  • Julle hoor ‘n vliegtuig. Wat doen julle om aandag te trek?
  • Hoe hou julle tred met dae en datums?
  • Wat mis julle die meeste van die beskawing?
  • Hoe word julle gered?

Julle kan van julle oorlewingstegnieke aan julle klasmaats kom illustreer. Julle sal wel ‘n bietjie navorsing moet doen. Daar is baie boeke wat oorlewingstegnieke bespreek. Andersins kan hulle ‘n maat vra wat lid is van die “Scouts” beweging. (Hulpmiddels sal julle help om beter te illustreer). Julle kan dit in ‘n dialoog, bespreking of rolspel doen.

5. BYVOEGLIKE NAAMWOORDE

Julle onthou seker nog dat byvoeglike naamwoorde woorde is wat naamwoorde (mense, dinge en plekke) beskryf.

Hierdie byvoeglike naamwoorde soos kwaai , groot en diep kan op twee maniere gebruik word. Partykeer staan die woorde voor ’n naamwoord en partykeer na die naamwoord.

Partykeer verander die byvoeglike naamwoorde.

Die kaptein is goed. Dis ‘n goeie kaptein.
Die glas is leeg. Dis ‘n leë glas
Die gety is laag. Dis ‘n lae gety.
Die golwe is hoog. Dis hoë golwe.
Die dek is droog. Dis ‘n droë dek.
Die vrag is lig. Dis ‘n ligte vrag.
Die rivier is breed. Dis ‘n breë rivier.
Die skip is oud. Dis ‘n ou skip.
Die seile is nuut. Dis nuwe seile.
Die klank is dof. Dis ‘n dowwe klank.
Die matroos is doof. Dis ‘n dowe matroos.
Die man is gaaf . Dis ‘n gawe man.
Die roeispaan is lank. Dis ‘n lang roeispaan.
Die kaptein is jonk. Dis ‘n jong kaptein.

Skryf die regte vorm van die byvoeglike naamwoorde. (Raadpleeg die voorafgaande tabel).

1. Die film van die Titanic is goed . Dis ‘n ___________ film.

2. Die skip se mas is hoog . Dis ‘n _____________ mas.

3. Die waterbottel is l eeg . Dis ‘n _____________ waterbottel.

4. Die seilskip is oud . Dis ‘n ______________seilskip.

5. Die kajuitvensters is laag . Dis _____________kajuitvensters.

6. Die matroos is baie lank . Dis ‘n baie _____________matroos.

7. Sy hare is lig . Hy het _______________ hare.

8. Sy stewels is nuut. Hy het ______________ stewels.

LU 6.2.7

6. SKRIFTELIKE WERK

Jy is ‘n skipbreukeling (castaway) op ‘n eiland.

Jy het wel ‘n pen, ‘n stuk papier en ‘n bottel met ‘n prop. Jy besluit om ‘n boodskap op die stuk papier te skryf, dit in die bottel te sit en die bottel in die see te gooi. Jy hoop jou bottel spoel êrens uit en dat iemand die boodskap sal lees.

Skryf vier paragrawe en bespreek die volgende:

  • Hoe het jy op die eiland beland?
  • Hoe lyk dit op die eiland? (Verwys na die plantegroei en diere).
  • Wat eet jy en hoe kry jy dit in die hande?
  • Watter soort skuiling het jy?
  • Wat doen jy elke dag om die tyd om te kry?
  • Is daar enige ander mense op die eiland?
  • Waar dink jy is hierdie eiland?
  • Wil jy graag huis toe gaan? Hoekom of hoekom nie?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask