<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 6

Module 13

Nuwe woorde

1. ‘n Ramp tref die kaptein van die skip “Bounty”.

Lees die volgende twee paragrawe hardop vir ‘n maat voor:

Op die oggend van die 28ste April 1789 het die bemanning van die skip, die “Bounty”, teen hulle kaptein gemuit. Die kaptein, William Bligh, en agtien van sy lojale bemanningslede is in ‘n klein bootjie ingedwing en in die middel van nêrens op die wye oseaan agtergelaat. Al wat hulle gehad het, was kos en water vir vyf dae en ‘n paar navigasie-instrumente.

Kaptein Bligh het geweet hoe baie gevare hulle sou moes trotseer. Hy het ook geweet hulle enigste hoop op oorlewing was om ‘n eiland met die naam van Timor te bereik. Daar sou hulle aan boord van ‘n Britse skip kon klim en terugseil na Engeland toe. Hierdie eiland was egter 6 300 km ver!

NUWE WOORDE:

Slaan die volgende woorde in ‘n Afrikaans/Engelse Woordeboek na:

bemanning agterlaat
muitery navigasie
lojaal gevare
indwing oorlewing
aan boord

Wat het van Kaptein Bligh en die agtien mans geword?

2. Wat sê Kaptein Bligh?

Hierdie woorde wat Kaptein Bligh sê, het almal te doen met die kaptein en sy bemanning se wedervaringe. Vul hierdie woorde in die onderstaande sinne in. (Gebruik die woordeboek as jy nie seker is van die betekenisse van die woorde nie.)

1. Ons was altyd honger, want ons het so __________ kos gehad.

2. Daar was gedurig water in die boot en ons was altyd ____________ .

3. Omdat ons so min geëet het, was ons almal _____________ en ons ribbes het uitgesteek.

4. Ek het geweet ons kan nie omdraai nie en ons moes maar __________gaan.

5. Gelukkig was al die manne op die boot _______ en almal het gehelp roei.

6. Almal was ook ____________ en het die gevare trotseer.

7. Natuurlik was die seereis baie ____________ met al die stormswat gedurig gewoed het.

8. Ons was ook gedurig ____________ van al die blootstelling.

9. Natuurlik was ons ook baie _____________en het later geen krag in ons arms oorgehad nie.

10. Die bewoners op die Waia-eiland het gedink ons is die ____________en het ons gejaag.

11. Die bemanning wat gemuit het, het seker ‘n sterk gevoel van

_____________teenoor my gehad.

12. Met ons ____________ by Kupang in Timor het die mense ons aangestaar met jammerte, want ons het baie sleg gelyk.

13. Dit was nie lekker om in so ‘n klein bootjie te wees op so ‘n groot en

___________see nie.

14. Ons was ______________of byna nooit opgeruimd en vrolik nie.

15. Ons was egter baie opgewonde toe ons land sien en die land al hoe

_____________gekom het.

LU 3.7.3

3. TEENOORGESTELDES

Die woorde in die boot se romp het almal die teenoorgestelde betekenis van die woorde wat julle nou ingevul het. Skryf die woorde in die boot langs die teenoorgestelde woorde neer.

min dapper
vorentoe gevaarlik
fluks diep
aankoms selde
brandmaer nat
siek nader
vyand haat
swak

Selfassessering onder leiding van opvoeder.

LU 6.3.2

4. MONDELING

Het enige van julle dalk die fliek, “The Castaway” gesien met Tom Hanks in die hoofrol? Julle opvoeder sal julle nou kans gee om vinnig vir julle klasmaats te vertel wat met die hoofkarakter gebeur wanneer sy vliegtuig in die see neerstort. Hy bereik ‘n eiland, maar dan begin sy stryd om oorlewing! Vertel hoe hy aan die lewe gebly het en uiteindelik weer die beskawing bereik het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask