<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 8

Entrepreneurskap

Module 18

Hoe finansier ek my besigheid?

AKTIWITEIT 1:

Om die finansiering van ‘n besigheidsidee te bespreek

LU 4.1

Jy het nou ‘n besigheidsplan vir jou besigheidsidee ontwikkel en dit lyk asof alles goed gaan uitwerk. Maar het jy al gedink oor waar jy die geld gaan kry om die produkontwikkeling te finansier tot tyd en wyl die verkope begin geld inbring?

OPDRAG:

1. Kyk weer na die artikel in Aktiwiteit 1 van Module 15. Skryf neer hoe Slabbert sy onderneming gefinansier het en wat sy raad aan ander entrepreneurs is.

2. Doen navorsing om vas te stel watter instansies Slabbert sou kon genader het vir ondersteuning. Wenk: dink verder as banke; die Regering in Suid-Afrika ag die ontwikkeling van klein besighede as baie belangrik.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
Entrepreneurskennis en VaardighedeDie leerder is in staat om entrepreneurs-kennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
4.1 finansiële instansies en organisasies wat entrepreneurskap bevorder, kan identifiseer;
4.2 verskillende idees om ‘n besigheid te begin, kan bespreek (insluitend idees om toeriste te lok en konsessiemodelle);
4.3 tussen die vorme van eienaarskap in die informele en formele sektore kan onderskei (alleeneienaarskap, beslote korporasie);
4.4 die finansiële lewensvatbaarheid van ‘n besigheid kan evalueer (bv. aanvangskoste, produksiekoste, verkope en wins); en
4.5 ‘n besigheidsaktiwiteit wat aankope, vervaardiging en bemarking behels, onderneem (behoort die finansiering van die besigheid met eie of geleende geld in te sluit – bv. oortrokke bankfasiliteite).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask