<< Chapter < Page Chapter >> Page >

- artisties ( bv. dansers, ontwerpers )

- tegnies (bv. beligting)

Noem vier voordele wat ‘n produksie vir ‘n gemeenskap kan inhou:

STAP 3: Individueel

Bestudeer die volgende tabel. Die opvoeder sal ‘n omskrywing gee van elk van die aspekte.

Dui nou aan by watter afdeling en onderafdeling jy die graagste betrokke sou wou wees. Neem jou talente en voorkeure in ag en moenie beskeie wees nie.

B emarking P roduksie
Fonds-insameling Advertensie Ander Tegnies Ontwerp Dans Musiek
-publisiteit -program -kaartjies-verversings -beligting-verhoog-klank -dekor-kostuums-rekwisiete

Motiveer hoekom jy dink jy by die spesifieke afdeling ‘n positiewe bydrae kan lewer.

STAP 4: Tuiswerk, Individueel

Om ‘n idee te kry wat produksie alles behels, is programme van ander produksies ‘n goeie vertrekpunt.

Maak voorbeelde bymekaar van programme van skool- of professionele op- en uitvoerings soos musiekblyspele, revues, operettes, ens.

Plak dit op in die klas of in jou leerderjoernaal.

Vergelyk nou twee van die programme krities met mekaar en dui jou voorkeure aan:

P rogram 1 P rogram 2
Voorblad
Samestelling
Uitleg in geheel
Uitleg van produksiespan
Rolverdeling
Foto’s
Advertensies
Borge
Ander:

STAP 5: Beplanning t.o.v. Bemarking

Die hele klas gaan eers die bemarking van die produksie ondersoek.

Kies die PRODUKSIEBESTUURDER (kan opvoeder ook wees).

Die produksiebestuurder is verantwoordelik vir die algehele administrasie.

Onderverdeel in die volgende afdelings. Elke groep kies weer ‘n leier.

Fondsinsameling Fondsinsamelingkoördineerder
Advertensie Publisiteit - publisiteitskoördineerderProgram – programkoördineerder
Kaartjies Kaartjieskoördineerder of huisbestuurder
Verversings Verversingskoördineerder

Elke onderafdeling lê ‘n skriftelike beplanning en begroting aan die produksiebestuurder voor.

Beplannings en begrotings word in leerderjoernale geplak.

STAP 6: B eplanning t.o.v. Produksie self

Weer eens kry die hele klas die geleentheid om betrokke te wees in die artistiese en tegniese aspekte.

Kies die REGISSEUR (kan opvoeder ook wees).

Die regisseur neem die finale besluite t.o.v. die verloop van die produksie.

Bespreek die produksie.

‘n Produksie-assistent kan die administratiewe werk behartig.

Onderverdeel in die volgende afdelings. Elke groep kies weer ‘n leier.

T egnies Beligting – Beligtingsbestuurder en beligtingspan
Verhoog – Verhoogbestuurder en verhoogspan
Klank – Klankbestuurder en klankspan
O ntwerp Dekor - Dekorontwerper en helpers (bv. verf)
Kostuums – Kostuumontwerper/-bestuurder en naaldwerksters
Rekwisiete – Rekwisiteur en helpers
Dans – choreograaf en dansers
Musiek - musiekregisseur en orkes, sangers, ens

Elke afdeling doen beplanning in samewerking met die REGISSEUR.

Elke afdeling lê ‘n begroting voor aan die PRODUKSIEBESTUURDER.

Beplannings ( ook in die vorm van sketse) en begrotings word in leerderjoernale geplak.

Doen navorsing omtrent die “werk” wat jy moet verrig!

WENKE:

Beperk dit tot slegs een item.

  • Die musiekregisseur en regisseur moet heel eerste hul beplanning doen sodat hulle die nodige agtergrondinligting (lied, liriek, styl, ritme en tempo, atmosfeer, agtergrond, gebeure op verhoog, ens) aan die tegnici, ontwerpers en choreograaf kan oordra wat nodig is vir hulle beplanning.
  • Keuse van lied: kies ‘n lied uit julle eie kultuur of omgewing, of maak gebruik van die nasionale volkslied soos uiteengesit in die vorige aktiwiteit. Alhoewel dekor en dans hierby ingesluit is, word dit nie vereis nie.
  • Kan julle die lied uitvoer volgens julle beplanning?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
DANS
1.1 deelneem aan die choreografie en aanbieding van ‘n kort dans vir ‘n opvoering of kulturele gebeurtenis;1.2 ter voorbereiding van die liggaam, ‘n stel opwarmings- en vaardigheidsopbouende bewegingsreekse akkuraat doen, insluitende liggaamskondisionering en danstegnieke in ‘n bepaalde styl;1.3 gekoördineerd, musikaal, met gehalte, styl, balans en beheer oor ruimte heen in bewegingsreekse beweeg;1.4 werk leer en opvoer, met gepaste styl en bewegingsgehalte, wat deur ander gechoreografeer is uit minstens twee kulture – wat mag insluit:
1.4.1 klassiek / tradisioneel (uit Afrika, Oosters of Westers);
1.4.2 kontemporêr;
1.5 ‘n dans skep, met ‘n duidelike begin, middel en einde, waarin passies of style van meer as een Suid-Afrikaanse dansvorm saamsmelt;
DRAMA
1.6 ‘n eenvoudige opwarmingsroetine met die klas uitvoer;1.7 deelneem aan ‘n aspek van die beplanning, organisasie, reklame, fondsinsameling of produksie van ‘n dramatiese item wat ‘n gehoor sal hê;
MUSIEK
1.9 die stem en beskikbare slag- of melodiese instrumente gebruik en musiek maak;1.10 ‘n musiekuitvoering organiseer en bemark ten opsigte van die beplanning, reklame, fondsinsameling en produksie daarvan;
VISUELE KUNS
1.14 kuns, handwerk of ontwerpstukke skep wat:
1.14.1 idees of begrippe in ‘n visuele vorm weergee;
1.14.2 demonstreer dat die elemente en beginsels van ontwerp met selfvertroue gebruik word;
1.15 ‘n entrepreneursbewustheid van die bemarking van kunsprodukte in terme van die teikenmark, verpakking, plek, prys, reklame, klanteverhoudings en ‘n bewustheid van toerisme ontwikkel;
1.17 eie en groep se kunswerke (insluitend tekens, etikette en byskrifte) vir ‘n openbare aanbieding selekteer, aanbied en monteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask