<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wat is daar in die advertensie wat jou laat glo dat dit ‘n goeie produk, diens of geleentheid is? Skryf dit neer:

AKTIWITEIT 4

OM ENKELVOUDIGE EN SAAMGESTELDE SINNE TE GEBRUIK MET BEWUSTHEID VAN DIE SPESIFIEKE DOEL EN TEIKENGROEP [LU 4.2.4]

OM MET DIE VISUELE EN KLANKEFFEKTE VAN TAAL TE EKSPERIMENTEER [LU 5.4.4]

e) Voordat julle die volgende taak doen, is dit goed om eers mooi na die advertensie oor die natuur se kitskos te kyk. Let veral op na die manier waarop taal gebruik word om ‘n treffende advertensie te skryf.

Kan jy aan ‘n rede dink waarom die woord “knarsvars” ‘n goeie keuse vir hierdie advertensie is? Skryf dit neer:

Waarom is die derde reël so treffend?

Jy en jou maat moet nou koppe bymekaar sit om die woorde vir julle eie advertensie te skryf. Dit moet uit minstens vyf sinne bestaan, waarvan ten minste twee lang sinne moet wees. Julle mag die advertensie versier, maar die belangrikste is om taal so te gebruik dat julle sinne trefkrag sal hê en julle maats daarvan sal hou. Dit moet uiteindelik treffend en oortuigend aan die klas voorgelees word, d.w.s. met die regte gebruik van die stem.

Skryf julle finale poging neer. Probeer dit illustreer deur van kleur gebruik te maak.

Taalkstruktuur en –Gebruik

aktiwiteit 5

om eenvoudige vorms van beeldspraak (soos vergelykings, metafoor en personifikasie) te verstaan en gebruik

[lu 4.2.4]

Voltooi die volgende vergelykings:

Die nat stoep is so glad soos _ .

Skakel die lig aan. Dis so donker soos die _ .

Hy is so vinnig soos _ hier weg.

Die brood is te oud om te eet; dis so _ soos klip.

Sy is vandag afwesig, want sy is glo so _ soos ‘n hond.

Die lekkers is so soet soos _ .

Die atleet hardloop soos die _ .

Die arme man wat gister laas geëet het, is nou so honger soos

‘n _ .

Ek kan sien hy kry warm, want hy is so rooi soos ‘n _ .

Die kameel word ook die _ van die woestyn genoem.

Iemand wat niks vir ander mense of vir diere omgee nie het ‘n

hart van _.

Probeer hierdie moeilike een:

Die winter het sy ysige _ om ons geslaan.

Assessering

LU 3

LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos gedigte, boekresensies, kort romans, omsendbriewe, naslaanboeke) lees:

3.1.1 vluglees vir die algemene idee;

3.2 kyk na en kommentaar lewer op verskeie visuele en multimedie-tekste (soos advertensies, video’s/films, TV-dramas, en, indien beskikbaar, rekenaarprogramme en CD-ROM’s):

3.2.1 bespreek die boodskap wat oorgedra word;

3.3 emosionele reaksie op tekste beskryf en ontleed;

3.4 kan bespreek hoe skrywers en visuele kunstenaars op verskillende maniere met lesers in wisselwerking tree en hoe hulle taal en visuele kenmerke gebruik om verskillende wêreldbeskouinge oor te dra;

3.8 omgewings-, kulturele en sosiale waardes in tekste identifiseer en bespreek:

3.8.1 identifiseer en bespreek vertelperspektief en die doel en effek daarvan.

LU 4

SKRYF

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:

4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (soos dagboekinskrywings, humoristiese staaltjies, stories, gedigte);

4.2 idees deur die skryfproses ontwikkel en organiseer:

4.2.4 gebruik enkelvoudige en saamgestelde sinne met bewustheid van die spesifieke doel en teikengroep.

LU 5

DINK EN REDENEER

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

5.3 inligting verwerk:

5.3.2 onderskei tussen algemene en spesifieke inligting;

5.3.5 organiseer inligting in ‘n paragraaf, tabel, tydlyn, diagram of ander gepaste grafiese voorstelling;

5.4 taal gebruik om skeppend te dink:

5.4.4 eksperimenteer met die visuele en klankeffekte van taal.

Memorandum

Aktiwiteit 1

a) (i) Eie lys

(ii) Eie tabel

Aktiwiteit 2

b) en c) Eie antwoorde

Aktiwiteit 3

d) Hou altyd in gedagte dat dit hier gaan om die boodskap wat deur ‘n advertensie oorgedra word, sowel as die leerders se emosionele reaksie daarop.

Aktiwiteit 4

e) Enkelvoudige en saamgestelde sinne; visuele en klankeffekte

(i) Die woord “knarsvars” laat mens dink aan die klank wat jy hoor wanneer jy ‘n appel hap.

(ii) Al drie woorde begin met “s”.

(iii) Eie poging.

TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK

Aktiwiteit 5

a) Vergelykings

seep

nag

blits

hard

siek

suiker / stroop

wind

wolf

kalkoen / beet

skip

klip

vingers

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask