<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 5

OOM KOWIE EN MISTER KING

Module 16

ADVERTENSIES: BOODSKAPPE EN REAKSIES

AKTIWITEIT 1

OM TUSSEN ALGEMENE EN SPESIFIEKE INLIGTING TE ONDERSKEI

[LU 5.3.2]

OM INLIGTING IN ‘N TABEL TE ORGANISEER [LU 5.3.5]

a) Ons gaan nou eers aandag gee aan advertensies. Let op met hoeveel advertensies ons elke dag in aanraking kom. Ons sien veral drie soorte advertensies, naamlik gedrukte advertensies (in boeke, tydskrifte, koerante en strooipos), advertensieborde en verfilmde advertensies (soos op TV).

(i) Jy en jou maat se eerste taak is om ‘n lys van 20 items wat adverteer word neer te skryf. Moenie die handelsnaam (bv. Colgate of ABSA) van die item neerskryf nie; skryf slegs die soort item neer, bv. tandepasta of bank.

(ii) Items wat adverteer word, kan in drie hoofgroepe verdeel word, naamlik produkte (soos Colgate), dienste (soos banke) en geleenthede (soos sport- of musiekgeleenthede). Probeer nou om die items wat julle in (i) genoem het onder die volgende hofies te tabelleer. As jy minder as vyf van die een soort het, moet jy probeer om nog ‘n paar by te voeg.

PRODUKTE DIENSTE GELEENTHEDE

AKTIWITEIT 2

OM DIE BOODSKAP WAT DEUR ‘N TV-ADVERTENSIE OORGEDRA WORD, TE BESPREEK. [LU 3.2.1]

OM DIE EMOSIONELE REAKSIE OP ‘N ADVERTENSIE TE BESKRYF EN TE ONTLEED [LU 3.3]

b) Jou volgende opdrag is om ‘n spesiale TV-advertensie te identifiseer: OF jou gunsteling advertensie OF die advertensie waarvan jy die minste hou. (As julle gesin nie TV kyk nie, kan jy gerus enige ander advertensie gebruik). Skryf neer:

Watter tipe diens of produk geadverteer word

die handelsnaam van die produk

die boodskap van die advertensie

die advertensie in jou eie woorde

waarom jy van die advertensie hou / nie daarvan hou nie

c) Julle opvoeder gaan julle kans gee om julle menings uit te spreek oor sommige van die advertensies wat aan julle bekend is. Gee jou eerlike opinie, maar onthou om altyd jou maats se menings te respekteer en hulle kans te gee om te praat sonder om hulle in die rede te val. Hier is ‘n paar idees om te bespreek oor die advertensie waaroor julle opvoeder julle laat praat:

(i) Waarvan hou jy in die advertensie?

(ii) Waarvan hou jy nie?

(iii) Maak die advertensie jou bly, opgewonde, vies?

(iv) Is die advertensie interessant, slim en oorspronklik, of is dit vervelig?

(v) Sal jy die produk koop of die diens gebruik?

KONTROLELYS(moet deur die individu voltooi word)
Ek het gehelp om die lys van 20 items op te stel. Ja Nee
Ek kan onderskei tussen produkte, dienste en geleenthede. Ja Nee
Ons het na mekaar geluister en mekaar kans gegee om ‘n mening uit te spreek sonder om onderbreek te word. Ja Nee
Ek kan my eie mening oor ‘n advertensie uitspreek. Ja Nee

AKTIWITEIT 3

OM TE BESPREEK HOE SKRYWERS EN VISUELE KUNSTENAARS OP VERSKILLENDE MANIERE LESERS IN WISSELWERKING TREE; EN HOE HULLE TAAL EN VISUELE KENMERKE GEBRUIK OM VERSKILLENDE WÊRELDBESKOUINGE OOR TE DRA

[LU 3.4]

d) Groepwerk:

(i) Bespreek die volgende:

Watter van die volgende kom in die advertensie voor?

JA NEE
Taal
Musiek
Geluide
Beeldmateriaal

Sê hoe julle dink bogenoemde gebruik word om julle aandag te trek en te probeer oortuig dat dit ‘n goeie produk, diens of geleentheid is.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask