<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Van hier tot daar

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.

Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Themba en Thandi is baie opgewonde oor die lentedag-feesvieringe wat by die skool gehou gaan word. Almal word aangemoedig om blomme skool toe te bring. Daar word ‘n piekniek, hoedeparade, pannekoekfees, atletiekbyeenkoms en ‘n filmvertoning gehou.

Hierdie aktiwiteite leen hulself tot besprekings oor seisoene, die maak van lenteprente (Lewensoriëntering – Kuns), ‘n eie gedig te skryf, interessante toebroodjies en mariebeskuitjies te maak (Tegnologie), te praat oor gesonde kossoorte en springmielies te maak (Tegnologie).

  • KLANKE EN WOORDBOU

-rg, -rm, -rp, -rf, -rs, -rt en -ts word in konteks aangeleer en leerders speel ‘n klankespeletjie om hierdie klanke te hersien.

  • SKRIF

Die eerste vyf aaneenlopende skrifpatrone en die letters wat by elkeen pas, word aangeleer.

: , , ,
: , , ,
: , , ,
:
:

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees.

Dit was heerlik om ons eie lekkernye vir ons mandjies te maak.

Almal het vooraf besluit wat hulle sou maak.

Gerda en ek het besluit om ‘n interessante toebroodjie te maak.

Ons het twee snye brood met margarien gesmeer.

Die vulsel het bestaan uit slaaiblare, fyn aartappelskyfies en dun ringe komkommer. Daaroor het ons ‘n slaaisous liggies gesmeer.

Dié buitengewone toebroodjie het nie net mooi gelyk nie, maar het ook heerlik gesmaak.

Ons het die toebroodjies toegedraai en saam met die vars vrugte en koeldrank in die mandjie gepak.

Gerda het Mariebeskuitjies gebring en ons het hulle versier met ‘n verskeidenheid van lekkertjies. Hulle het soos gesiggies gelyk.

Daar was so baie dat ons vir ons ander maatjies ook gegee het.

  • Was Thandi en Gerda selfsugtig, mededeelsaam of onvriendelik. Bespreek.

LU 2.4 LU 3.2

  • Teken alles wat jy graag in jou piekniekmandjie sou wou pak.
  • Skryf ‘n paar sinne oor jou mandjie en versier dit met mooi patrone.
LU 4.3
  • Vertel vir mekaar waarom jy sommige mandjies ingekleur het en sommige nie.
LU 2.4
LU 4.1

Woordbou

  • Hierdie woorde eindig met “rf”.
  • Klank die woorde.
  • Lees die woorde.
  • Leer die woorde.

  • Skryf die woorde:

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

  • Maak sinne met die woorde:

..........................................................................................................................................

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

LU 3.4 LU 4.6 LU 4.7

  • Lees die resep.
  • Hoe om springmielies te maak vir ‘n piekniek.
  • Jy benodig:

1 groot kastrol

⅓ koppie springmielies

2 eetlepels kookolie

sout

  • Stappe:

1. Gooi die kookolie in ‘n groot kastrol.

2. Sit dit op die plaat en skakel aan.

3. Gooi eers net 2 of 3 pitte in die kastrol. As hulle skiet, kan die res van die mielies bygevoeg word.

4. Plaas die deksel op die kastrol.

5. As die mielies begin skiet, kan die plaat stadiger gedraai word.

6. Haal die kastrol van die plaat af as die mielies klaar geskiet het.

7. Gooi die springmielies in ‘n bak en voeg sout liggies by. Laat afkoel.

8. Maak plastieksakkies vol.

  • Maak springmielies in die klas of by die huis.
  • Lees weer die waarskuwing hierbo.
LU 3.3 LU 3.4

LU 4.1

Assessering

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan;

Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask