<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 4

DIE GEDRUKTE WOORD

Module 23

SOORTE SINNE EN KOMPONENTE VAN SINNE

Aktiwiteit 1

Om ‘n advertensie te skryf [LU 4.1.3]

Om kernsinne te skryf [LU 4.4.3]

(a) Skryf nou jou eie geklassifiseerde advertensie waarin jy jou fiets adverteer. (Raadpleeg die koerant.)

.............................................................................................................

Ek het die volgende berig gister in die koerant gelees. Verdeel in groepe van twee en dan lees jy en jou maat die berig hardop vir mekaar.

Tienjarige Beseer na Val op Berg

Daar was gister weer 'n bergklimongeluk op Tafelberg. Vyf kinders tussen die ouderdom van 10 en 14 jaar het die berg geklim sonder volwasse toesig. 'n Seun, die tienjarige Wian Vosloo, het gegly en 5 meter ver geval! Hy het sy linkerbeen gebreek en is vol snye en kneusplekke.

"Ons was amper bo toe Wian se voet gegly het", vertel Susan Reyneke, 14, en leier van die groep. Ek het vir hom geskree: "Pasop! Jy gaan val! Hou vas aan die takke!" Sy het egter te laat gewaarsku. 'n Ander seun, Eldrid Pieterse, het gaan hulp soek. Lede van die Bergklimklub en 'n dokter van Metro het die nag by Wian deurgebring, aangesien dit te laat was om hom berg-af te bring. Hy is in die hospitaal opgeneem en sy toestand is bevredigend. Behoort sulke jong kinders toegelaat te word op so 'n gevaarlike uitstappie? Hoekom laat ouers dit toe, of weet hulle nie waar hulle kinders is nie?

Aktiwiteit 2

Om uitroep-, bevel- en vraagsinne te identifiseer [LU 6.2.1]

Om punktuasie korrek te gebruik [LU 6.2.10]

(a) In hierdie berig maak die verslaggewer van verskillende leestekens gebruik:

(i) 'n Punt (.) aan die einde van 'n sin;

(ii) 'n Komma (,) om 'n effense ruspouse aan te dui; voor want , maar en omdat ; wanneer jy 'n klomp dinge opnoem.

(iii) Aanhalingstekens (" ") word gebruik om die direkte woorde van 'n persoon aan te dui.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask