<< Chapter < Page Chapter >> Page >

bron 1

Huisgode

bron 2

Tempel

a) Navorsingstaak!

Gaan soek 'n legende waarin 'n god iets besonders laat gebeur het. Skryf kortliks ‘n verslaggie daaroor, met ‘n prent wat ‘n kleuter kan inkleur.

Soos tye verander het, het veral die geleerde Romeine besef dat hulle nie dié gode nodig het nie. Daarom het hulle ander gelowe begin aanhang om vir hulle geluk en hoop te gee. Een hiervan was die Christendom. Christene het 'n eenvoudige boodskap van liefde en hoop na alle mense uitgedra - volgens Jesus se voorbeeld op aarde, waar Hy ook armes en siekes genees het. Verhale is geskryf om te wys dat, as mense soos Hy leef, hul gered sal word en vir ewig lewe. Aan die begin het veral arm mense die Christendom aanvaar, omdat dié boodskap hul lewens kon verander en vernuwe.

Christene is egter nie toegelaat om in Rome te aanbid nie omdat die keisers nie wou hê dat God meer eer as hulle ontvang nie. Omtrent 30 jaar na Jesus se dood het keisers, soos Nero in 64 n.C., Christene op groot skaal begin vervolg, mishandel en doodmaak. Eers in 313 n.C. het keiser Konstantyn 'n wet uitgevaardig om godsdiensvryheid te waarborg. Binne 300 jaar het die Christendom oor die hele Romeinse ryk, asook groot dele van Asië en Afrika, versprei. 1 500 jaar later het dit wêreldwyd versprei. Ons vind nog op talle plekke pragtige basilieke of kerke uit dié era.

b) Keisers soos Nero het die vervolging van Christene as sportiewe vermaak bedryf.

Voer 'n kort onderhoud met Nero waarin jy hom uitvra oor sy sieninge van gode en godsdiens.

c) DINKSKRUM:

Hoe dink julle, sou ‘n Romeinse keiser soos Nero, op onderstaande brief van een van sy goeweneurs reageer?

Assessering

LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – DIE LEERDER IS IN STAAT OM GESKIEDKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP TE TOON.

2.1 Verstaan kronologie en tyd. Saamstel van ‘n historiese tydlyn met v.C, n.C, antiek, modern (p. 2, 22)

2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake, gevolge). Kan in mondelinge en geskrewe vorm bewyse verskaf van oorsake/gevolge van gebeurtenisse, en patrone raaksien.

2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille). Toon ooreenkomste/verskille aan tussen vandag en ‘n spesifieke tydperk se situasies en plekke deur van geskrewe getuienisse gebruik te maak.

Memorandum

Aktiwiteit 2

(a) Die antieke Romeine het verskillende gode vir verskillende aspekte van hul lewens gehad. Daar was ook gode van die see, vuur, musiek, liefde, ens.

In Rome gebruik Nero die Christene as sondebokke na ‘n groot brand die grootste deel van die stad vernietig het. Christene is in hegtenis geneem en gestraf: hulle is vir wilde diere gevoer.

Van die Romeine is verwag om lojaliteit aan die staat te betoon. Aanbidding van die keiser is aangemoedig as ‘n manier om eenheid onder die mense van die Ryk te bewerkstellig. Dit is o.a. gedoen deur wierook voor ‘n beeld van die keiser te verbrand. Vir die Christene was hul eerste plig lojaliteit aan God, wat ‘n hoër gesag was. Dit is as ‘n dreigement en rebelsheid beskou, veral omdat Christene ook geweier het om belasting te betaal of die keiser te aanbid.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask