<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 9

Module 14

Om vrae te kan stel oor belangrike kwessies

Aktiwiteit 1:

Om vrae te kan stel oor belangrike kwessies, bv. die osoonlaag, en om oorsaak en gevolg in meer diepte oor die kurrikulum heen te ontleed

[lu 5.1]

Lees die onderstaande NW-taak wat deur ‘n Graad 9-leerder opgestel is en beantwoord dan die vrae wat daarop volg:

“think globally, act locally”

Die kweekhuiseffek, rook en stofwolke wat sonlig uitblok en osoonuitdunning het ‘n reuse invloed op die aarde en sy inwoners. Dit is nie ‘n probleem net vir wetenskaplikes en volwassenes nie, maar wel iets waaraan elke liewe persoon iets kan doen. In jou nabye omgewing en alledaagse lewe is daar baie wat ek en jy kan doen om hierdie probleme aan te spreek.

Die meeste van die energie wat ons vandag gebruik, kom van die verbranding van die fossielbrandstowwe van steenkool, olie en gas. Terwyl dit brand, word nie net hitte nie, maar ook koolstofdioksied afgegee. Soos meer en meer fosssielbrandstowwe verbrand word, bou meer en meer koolstofdioksied in die atmosfeer op en dit veroorsaak dat hitte nie in die ruimte kan ontsnap nie. Dit word die kweekhuiseffek genoem.

Bome maak vir ons suurstof en help ook om koolstofdioksied op te gebruik. Maar wat het die mens gedoen? Ons het al byna al ons bome afgekap, alles in die naam van moderne tegnologie en vooruitgang. Kragstasies, fabrieke en motors stel skadelike gasse vry wat bokant ons stede in die vorm van ‘n rookmis hang. Dit meng dan met water in die lug en vorm sure. Wanneer dit reën, beskadig hierdie sure ons woude nog verder. In Brittanje is meer as 60% van die woude al deur suurreën beskadig.

Om te verhoed dat meer koolstofdioksied in die lug vrygelaat word, moet ons die gebruik van hernieubare energiebronne vermeerder en energie meer doeltreffend gebruik.

Het jy al ‘n kweekhuis gesien? Dit is ‘n glashuisie en word gebruik om plante in veral die winter te laat groei. Die kweekhuis vang die hitte van die son vas deur die glaspanele wat lig inlaat, maar keer dat hitte ontsnap. Die kweekhuis word dus warm – baie soos ‘n motor wat in die son geparkeer is. Kweekhuisgasse in die atmosfeer tree baie soos die glaspanele van die kweekhuis op. Sonlig kom die aarde se atmosfeer binne deur die komberslaag van kweekhuisgasse. As dit die aarde se oppervlakte bereik, absorbeer die land, water en die biosfeer die sonlig se energie.

As dit eers geabsorbeer is, word hierdie energie terug in die atmosfeer gestuur. Sommige van die energie gaan terug in die ruimte, maar baie bly oor, vasgevang in die atmosfeer deur die kweekhuisgasse, nl. metaan, waterdamp, koolstofdioksied en stikstofdioksied. Dit veroorsaak dat die wêreld warmer word en daarsonder sal mens en dier nie op die aarde kon leef nie. Die probleem is egter dat die kweekhuiseffek sterker word en dat die aarde warmer as gewoonlik word. Selfs net ‘n klein bietjie ekstra verwarming kan probleme vir die lewe op aarde veroorsaak. Wetenskaplikes glo dat die temperatuur al tussen 2°C tot 6°C gestyg het.

Hierdie globale verhitting veroorsaak veranderinge in die klimaat. ‘n Warmer aarde sal lei tot veranderinge in reënvalpatrone, verhoging van die seevlakke en moontlike oorstromings as gevolg van die ysgletsers wat smelt. Dit sal ook ‘n negatiewe impak op lewende wesens hê omdat dit bv. oeste gaan beïnvloed.

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask