<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 6

Module 12

Luisterlees

1. Kyk baie mooi na die prent. Wat op aarde is dit?

Verdeel in groepe en besluit saam as groep wat hierdie eienaardige “ding” is. Elke groep kies ‘n groepleier wat aan die res van die klas vertel wat julle groep besluit het.

LUISTERLEES

Die geheim sal wel verklaar word, maar julle moet eers die volgende vrae beantwoord.

Julle opvoeder gaan eers vir julle ‘n kort stukkie voorlees. Hy of sy sal dit twee of drie keer voorlees. Beantwoord nou die volgende vrae deur slegs ’n regmerkie in die JA of –NEE kolom te maak.

JA NEE
1. Die pessiekte het vir langer as 300 jaar aangehou.
2. Die siekte was slegs in Engeland.
3. Die siekte het tot aan die einde van die sewentiende eeu gewoed.
4. Daar is omtrent 5 miljoen mense dood aan die siekte.
5. Die siekte is deur vlooie versprei.
6. Hierdie vlooie is deur rotte gedra.
7. Niemand kon die siekte keer nie.
8. Daar het nie baie mense aan die siekte gesterf nie.
9. Die siekte bestaan vandag nog.
10. Antibiotika kan nie die siekte genees nie.
LU 1.1.2

Kom ons los die geheim van die eienaardige figuur op!

Dokters het so aangetrek om hulle te beskerm teen hierdie dodelike siekte. Hulle het geglo hulle sal nie kan aansteek as hulle só bedek is van kop tot tone nie.

  • Dink julle hierdie mondering het verhoed dat hulle aansteek?
  • Gesels ‘n bietjie daaroor.

2. ‘N DODELIKE SIEKTE

Kleur hierdie strikkie rooi in.

Verdeel dan in julle groepe en bespreek die volgende vrae:

  • Het julle al mense gesien wat hierdie strikkie aan ‘n hemp, baadjie, bloes, rok, ensovoorts vasspeld?
  • Hoekom dra mense hierdie rooi strikkie?
  • Wat noem ons die siekte, “AIDS”, in Afrikaans?
  • In watter lande van die wêreld is daar mense met hierdie siekte?
  • Wie kan almal hierdie siekte kry? Net mans? Of net vrouens?
  • Is julle bang om oor hierdie siekte te praat?
  • Kan enige iemand hierdie siekte kry?
  • Hoe kan ‘n mens hierdie siekte kry?

Hierdie is maar net ‘n paar van die vrae rondom die siekte VIGS. Sommige van julle weet moontlik meer van hierdie siekte as ander.

Kom ons kyk tog ‘n bietjie na hierdie siekte. Net soos wat die pessiekte baie mense laat sterf het, veroorsaak VIGS dat een uit elke vier mense in Suid-Afrika aan VIGS sterf.

Bereken gou: Daar is 8 000 mense in ‘n sportstadium in Suid-Afrika. Hoeveel van hierdie mense kan moontlik aan VIGS sterf?

Antwoord: …………………….

Wat veroorsaak VIGS?

MIV veroorsaak die siekte, VIGS.

M : Menslike – dit beteken slegs mense kry die siekte.

I : Immuniteitsgebrek – onthou jy toe jy laas verkoue gehad het, het jy gesond geword? Dit is omdat jou liggaam ‘n immuunstelsel het en teen die siektes veg. Gebrek beteken jy het dit nie.

V : Virus - dit is die kiem (germ) wat die liggaam binnekom en jou siek maak.

MIV veroorsaak dat jou liggaam glad nie teen enige siektes of kieme kan veg nie. Daarom kry jy die siekte, VIGS.

3. ONTKENNING

Onthou jy nog dat ons ‘n dubbele ontkenning in Afrikaans gebruik wanneer ons wil sê dat iets nie so is nie .

Voorbeeld: Kan ‘n mens MIV in ‘n swembad opdoen?

Nee, ‘n mens kan nie MIV in ‘n swembad opdoen nie .

Kyk nou na die volgende sketse.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask