<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Sosiale ontwikkeling en loopbaanoriëntering

Module 24

Jou regte en verantwoordelikhede as individu

Aktiwiteit 1:

Om jou regte en verantwoordelikhede as individu te bespreek

[LU 2.1]

Lees aandagtig

Elke persoon het sekere regte, soos die reg tot ‘n opvoeding, die reg op gesondheidsorg, ens. Jou onderwyser het waarskynlik reeds die Handves van Menseregte aan julle bekendgestel. In Bylaag 1 is daar ‘n uittreksel uit Hoofstuk Twee van ons grondwet: Handves van Menseregte. Gebruik hierdie uittreksel vir hierdie en die daaropvolgende aktiwiteite.

Regte bring ook verantwoordelikhede. As ‘n persoon die reg het op opvoeding, dan het daardie persoon ook die verantwoordelikheid om die voorreg aan te gryp en te leer! As ‘n persoon die reg het op gesondheidsorg dan moet die persoon sy deel bybring om ‘n gesonde lewensstyl te kweek. Regte bring verantwoordelikhede.

As mens het jy die volgende verantwoordelikhede:

  • ‘n Verantwoordelikheid teenoor jouself om gesond en gelukkig te leef.
  • ‘n Verantwoordelikheid teenoor ander, insluitende ouers, onderwysers en mense van ander gelowe en kulture.
  • ‘n Verantwoordelikheid om positief by te dra tot die welsyn van die gemeenskap waarin jy woon.
  • ‘n Verantwoordelikheid om ‘n goeie burger van jou land te wees.
  • ‘n Verantwoordelikheid om by te dra tot die welvaart van die breë samelewing en die omgewing.

In die lig van ons bespreking sover is dit duidelik dat geen mens ‘n eiland is nie.

1. Bespreek in klasverband die verwantskap tussen regte en verantwoordelikhede.

2. Gee in jou eie woorde jou persoonlike siening van die volgende stelling: “Vir elke voorreg wat ‘n persoon het, het daardie persoon ook ‘n verantwoordelikheid”.

3. Gebruik die Handves van Menseregte om die volgende tabel te voltooi.

Ek het die regte opvoeding Ek het die verantwoordelikheid om na die beste van my vermoëns te presteer

Assessering

LU 2
Sosiale OntwikkelingDie leerder in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede, asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 die skending van menseregte kan bespreek en teenstrategieë kan beplan;
2.2 kan verduidelik hoe demokratiese prosesse gebruik kan word om met ‘n plaaslike probleem te handel;
2.3 kan bespreek hoe hy nasiebou in verskillende kontekste sou bevorder;
2.4 veranderinge in kulturele norme en waardes krities in terme van persoonlike en
2.5 die bydraes van organisasies van verskeie religieë tot sosiale ontwikkeling, kan bespreek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask