<< Chapter < Page Chapter >> Page >

= R 210 , 00 5 size 12{ { {R"210","00"} over {5%} } } {}

= R420,00

3. Minimum getal eenhede wat verkoop moet word om gelyk te breek

BEDRYFSKOSTE BRUTO WINS / EENHEID size 12{ { { ital "BEDRYFSKOSTE"} over { ital "BRUTO"` ital "WINS"/ ital "EENHEID"} } } {}

= R 210 , 00 R3 , 00 size 12{ { {R"210","00"} over {R3,"00"} } } {}

= 70 eenhede

OPDRAG:

Bepaal die finansiële lewensvatbaarheid van jou besigheidsidee deur die bogenoemde stappe aan die hand van jou gegewens uit te voer.

AKTIWITEIT 2:

Om die verskillende soorte eienaarskap van besighede te bespreek

LU 4.3

Wanneer jy beplan om ‘n besigheid te begin, moet jy besluit aan wie die besigheid gaan behoort.

Daar is hoofsaaklik vier opsies: jy as individu kan die eienaar wees, of jy kan ‘n beslote korporasie stig, of jy kan ‘n maatskappy stig, of jy kan ‘n konsessie opneem.

Opsie 1: Jy aanvaar eienaarskap as individu

Jy kan die besigheid in jou persoonlike hoedanigheid besit. Dit beteken dat jy as persoon

  • belas word op enige winste van die besigheid (maksimum 40%), en
  • aanspreeklik gehou word vir skuld wat deur die besigheid gemaak word (wat beteken dat jy jou besittings kan verloor indien die besigheid die skuld nie kan vereffen en uiteindelik nie oorleef nie).

Jy kan ook ander mense nooi om mede-eienaars te word, maar dit is gevaarlik omdat daar maklik misverstande of spanning in die bestuur van die besigheid kan ontstaan.

Opsie 2: Jy stig ‘n beslote korporasie

In hierdie geval word jy lid van die korporasie en word jou eie bates beskerm. Jou aanspreeklikheid vir enige skulde van die korporasie oorskry nie die hoeveelheid kapitaal wat jy bygedra het nie. Verder is die belasting vasgestel op 30%, wat heelwat minder is as in die geval van ‘n individu. Jy kan ook ander mense toelaat as lede, wat beteken dat jy geldelike steun bykry en ook nie heeltemal alleen staan nie. Aangesien ‘n beslote korporasie in terme van ‘n bepaalde wet funksioneer, word die belange van al die lede beskerm. Die boeke van die BK moet deur ‘n geoktrooieerde rekenmeester gedoen word. Daar kan 1 – 10 lede wees.

Die naam van ‘n beslote korporasie eindig altyd met BK, bv. Laserdienste BK .

Opsie 3: Jy stig ‘n private maatskappy

‘n Maatskappy word in terme van ‘n bepaalde wet bestuur en daar moet aan ‘n hele reeks vereistes voldoen word wat nie vir ‘n beslote korporasie geld nie. Daar moet ‘n direksie wees en die name van die direksielede moet aan die Publieke Registrateur van Maatskappye beskikbaar gestel word. Volledig geouditeerde jaarstate moet ook jaarliks ingedien word. Verder is daar voorskrifte vir die hou van algemene vergaderings. Al hierdie vereistes maak die stig en bestuur van ‘n maatskappy duur.

Die naam van ‘n privaat maatskappy eindig met (Edms.) Bpk.

Opsie 4: Jy neem ‘n konsessie op (franchise)

‘n Konsessie hou baie voordele vir die individu in. Hy kry ‘n eie besigheid, maar geniet die steun van die groep en deel in voordele soos die aankoop van voorrade teen laer pryse, resepte wat reeds getoets is soos in die geval van ‘n restaurant, ens.

Bekende name soos SPAR en 7-Eleven is voorbeelde van konsessies.

Die volgende berig uit Die Burger oor iemand wat ‘n suksesvolle besigheid op ‘n konsessiebasis begin het, illustreer die voordele van hierdie opsie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask