<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 8

Entrepreneurskap

Module 17

Hoe lewensvatbaar is my besigheid?

AKTIWITEIT 1:

Om die finansiële lewensvatbaarheid van die besigheidsidee te bepaal

LU 4.4

Ons het tot nou toe gekyk na die besigheidsidee in terme van die produk, die vervaardiging en verkryging daarvan, die mark (die kopers) en die wyse waarop ons die kopers gaan laat koop (bemarkingstrategie). Nou moet ons egter seker maak dat die idee wel finansieel lewensvatbaar is. ‘n Besigheid is slegs ‘n besigheid as dit wins maak. Dit beteken dat ons ons produk of diens nie teen ‘n verlies moet verkoop nie en dat die gelykbreekpunt (die getal items of dienskontrakte wat ons moet verkoop om gelyk te breek) realisties haalbaar is.

  • Om dit te kan doen, moet ons na die volgende kyk:
  • die verkoopprys;
  • die koste direk verbonde aan die daarstelling van die produk of diens;
  • die kostes wat aangegaan moet word om die besigheid te laat funksioneer (bv. vervoer en bemarking).

Die verkoopprys

Die verkoopprys word eers voorlopig bepaal deur marknavorsing. Daar word met die navorsing vasgestel watter soortgelyke produkte of dienste bestaan en wat hulle kos.

Die koste van die produk

‘n Produk kan nie maklik sonder enige uitgawes daargestel word nie. Selfs as byvoorbeeld fonteinwater getap en verkoop word, kos die houers (bottels) geld.

Bedryfskoste

Bedryfskostes sluit enigiets in wat nodig is om die besigheid aan die gang te hou, soos vervoer, salarisse, bemarking, posgeld, telefoongeld, ensovoorts.

Kom ons doen ‘n berekening om die lewensvatbaarheid van ‘n bepaalde besigheidsidee te bepaal. Gestel ons gaan worsrolletjies by ‘n atletiekbyeenkoms verkoop. Dit is ‘n klein byeenkoms en ons reken ons sal 100 rolletjies verkoop. Ons doen navorsing en besluit dat R6,00 ‘n aanvaarbare prys is. Die worsies kos R3,00 elk en die broodjies R0,60 elk. Die souse vir 100 rolletjies kos R25,00. Ons stel vas dat ons ‘n stalletjie sal moet huur teen R50,00 en dat ons 20 plakkate teen R8,00 elk nodig sal hê om die stalletjie te bemark.

Ons berekening lyk dan soos volg:

Verkope 100 worsrolletjies @ R6,00 elk R600,00
Produkkoste 100 worsrolletjies @ R2,75 elk, en sous @ R25,00 R300,00
Brutowins as eerste aanduider (verkope min produkkoste) R300,00
Bedryfskoste Stalletjie @ R50,00 en 20 plakkate @ R8,00 elk R210,00
Operasionele wins R 90,00

Dit lyk dus asof die besigheid winsgewend sal wees. Die verkoopprys soos voorlopig na aanleiding van die markaanduiders bepaal, kan dus so bly. As die berekening nie op ‘n wins uitgekom het nie, sou ons kon oorweeg het om die verkoopprys opwaarts aan te pas.

Daar is egter belangrike toetse wat nog gedoen moet word om te verseker dat die projek wel lewensvatbaar is: ons moet bepaal waar die gelykbreekpunt lê vir ingeval ons nie ons teiken van 100 rolletjies haal nie. Die volgende belangrike berekeninge kan vir hierdie doel uit hierdie syfers gemaak word:

1. Die brutowins as persentasie van verkope

BRUTOWINS VERKOPE size 12{ { { ital "BRUTOWINS"} over { ital "VERKOPE"} } } {} X 100 1 size 12{ { {"100"} over {1} } } {}

= R 300 , 00 R 600 , 00 size 12{ { {R"300","00"} over {R"600","00"} } } {} X 100 1 size 12{ { {"100"} over {1} } } {}

= 50%

2. Minimumverkope om gelyk te breek

BEDRYFSKOSTE BRUTOWINS size 12{ { { ital "BEDRYFSKOSTE"} over { ital "BRUTOWINS"} } } {}

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask