<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

Goeie gesondheid en sosiale ontwikkeling

Module 24

Gesondheidsinligtingsbronne, gesondheidsdienste en behandelingsopsies

Aktiwiteit 1:

Om gesondheidsinligtingsbronne, gesondheidsdienste en behandelingsopsies krities te evalueer (HIV/VIGS ingesluit) [LU 1.4]

Leerders werk in pare en ‘n onderhouds-/vraelysmetode word gevolg. Versameling van inligting in die vorm van leesstof, webtuistes, adresse en kontakpersone vorm ‘n baie belangrike deel van die werksopdrag. Aan die einde van die aktiwiteit moet daar ‘n lêer saamgestel word deur die opvoeder waarin al die versamelde materiaal gehou kan word en deur leerders gebruik kan word. Plaaslike klinieke of hospitale kan met groot vrug genader word. Die Internet, koerante, tydskrifte en biblioteke bied heelwat inligtingsmoontlikhede. Kyk gerus in die plaaslike telefoongids of daar nie ‘n organisasie in jou omgewing is wat met die betrokke saak gemoeid nie.

Die volgende onderwerpe word op ‘n stukkie papier geskryf en die leerders trek dan per paar een onderwerp uit ‘n papiersakkie:

  • HIV/VIGS: behandelingsopsies
  • HIV/VIGS: inligtingsbronne oor voorkoming daarvan
  • HIV/VIGS: plekke van versorging en berading
  • Tuberkulose (TB): voorkoming en inligtingsbronne
  • Tuberkulose: behandeling
  • Kanker: behandelingsmoontlikhede
  • Kanker: voorkomende leefstyl
  • Diabetes: voorkomende leefstyl
  • Diabetes: inligtingsbronne en behandelingsmoontlikhede
  • Noodhulp en behandeling van brandwonde
  • Inligtingsbronne en behandeling met die inname van gifstowwe
  • Hulplyne en organisasies teen gesinsgeweld
  • Organisasies vir ondersteuning vir middelafhanklikes en hulle gesinne
  • Behandeling van, en rehabilitasiemoontlikhede vir, dwelmafhanklikes
  • Inligtingsbronne vir die voorkoming van tienerswangerskappe

Die onderstaande vraelys moet deur elke groep voltooi word en dien as vertrekpunt van die ondersoek.

Name van ondersoekspan:

....................................................................................................................................

....................................................................................................................................

Onderwerp van ondersoek:

....................................................................................................................................

....................................................................................................................................

Bronne geraadpleeg:

(Merk af en verskaf adres of kontaknommer en -persoon waar toepaslik.)

BRONNE ADRES/KONTAKNOMMER
Kliniek:
Hospitaal:
Biblioteek:
Webtuistes:
Organisasies:
Tydskrifte:
Koerante:
Ander:

Wie word deur die toestand of siekte geraak?

Is daar inligting plaaslik beskikbaar oor die saak?

Is die inligting gebruikersvriendelik?

Word daar gemaklik oor die onderwerp in jou leefwêreld gepraat?

Het jy al met jou ouers oor die onderwerp gepraat?

Voel jy dat jou maats meer behoort te weet oor die onderwerp?

Sou jy graag self nog meer oor die onderwerp wil weet?

Ken jy iemand in die gemeenskap wat self geraak is deur hierdie toestand?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask