<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wat dink jy is die funksie van wortelhare?

Die punt van die wortel kan diagrammaties soos volg voorgestel word:

Opdrag 3:

Sê wat in elk van die volgende streke plaasvind:

Wortelhaarstreek:

Groeistreek:

Wortelmussie:

‘n Wortelhaar is ‘n spesiale sel aan die buite-oppervlak van die wortel – net agter die groeipunt – wat die oppervlak van die wortel drasties vergroot sodat die maksimum hoeveelheid water en soute uit die grond opgeneem kan word.

Opdrag 4:

Teken ‘n tipiese wortelhaar om die bou te toon. Voorsien jou skets van byskrifte en ‘n onderskrif.

Die wortelhaar dring tussen gronddeeltjies in en suig die water op wat tussen-in vasgevang is. Van daar af is dit ‘n volgende plantorgaan, nl. die plantstingel, se taak om dit verder te voer.

Assessering van Wortelhare

Kon jy ‘n basiese skets teken?

[LU 2.4]

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

Memorandum

AKTIWITEIT 1:

OPDRAG 1

  • Plante leef en groei so stilweg en dikwels is ons totaal onbewus van die wonders wat in hulle versteek is. Om hulle en die wonder van hulle werking te kan verstaan, moet ons van naderby na hulle kyk.
  • ‘n Tipiese plant bestaan uit PLANTORGANE :

Wortel, stingel, blaar en blom

Plantorgaan Bogronds/Ondergronds Hooffunksie vir die plant
Wortel Onder Absorbeer water en minerale; anker plant.
Stingel Bo Dra die blare en blomme en uiteindelik vrugte, sodat hulle reg blootgestel is.
Blaar Bo Fotosintese
Blom Bo Voortplanting

Aktiwiteit 2:

OPDRAG 1

WORTELSTELSELS

  • Jy kry bywortelstelsels en penwortelstelsels
  • Plant ontwikkel gewoonlik die een of die ander as gevolg van die feit dat hulle een van twee hooftipes is.
  • Plante wat vir meer as een jaar gaan oorleef, naamlik die meerjariges, het diep wortelstelsels nodig om water te soek en om hulle goed te anker. Jy kan jou indink dat hoë bome en groot struike en bosse sulke wortelstelsels moet hê. Hulle behoort aan die groep DIKOTIELE of TWEESAADLOBBIGES . Hulle het ontstaan uit saadjies wat twee saadlobbe het, soos boontjiesaad.
  • Ander weer, soos grassoorte en mielies of jaarplante, gaan net vir een seisoen groei en het beslis nie so ‘n diep wortelstelsel nodig nie. Hulle moet juis ‘n wye, vlak stelsel hê. Hulle behoort aan die MONOKOTIELE of EENSAADLOBBIGES . Hulle het ontwikkel uit sade met net een saadlob soos ‘n mieliepit.

OPDRAG 2

  • ‘n Penwortelstelsel het een hoofwortel, nl. die penwortel en dan sywortels wat daaruit groei.
  • ‘n Bywortelstelsel het weer almal ewe groot wortels wat almal uit die onderpunt van die stingel groei. Dit staan bekend as bywortels .

Eenjariges het ‘n leefsiklus van een jaar – penwortelstelsel is onnodig – hulle sal ‘n bywortelstelsel hê.

Bome het weer ‘n penwortelstelsel, omdat hulle diep ankering en watervoorsiening van diep uit die grond nodig het.

Bywortels groei net uit stingels – dit sal geen nut hê by bome wat diep ankering nodig het nie.

Sywortels groei net uit ander wortels.

Hooffunksies van wortels:

ankering

opneem van water

opneem van minerale soute in opgeloste vorm

vervoer van water na die boonste dele van die plant

As jy ‘n wortelstelsel van naderby sou kon beskou, sou dit die volgende bou hê:

OPDRAG 3

  • Wortelhaar streek: streek waar wortelhare voorkom
  • Selverlengingstreek: streek waar selle verleng – differensieer
  • Seldelingstreek: streek waar selle verdeel
  • Groeistreek: seldeling- en selverlengingstreek saam
  • Wortelmussie: beskerm die sensitiewe sagte voorste groeipunt en verslym voortdurend om slytasie te voorkom
  • ‘n Wortelhaar is dus ‘n spesiale sel aan die buite-oppervlak van die wortel – net agter die groeipunt – wat spesiaal vergroot is om maksimum hoeveelheid water en soute uit die grond uit op te neem.
  • Die bou van ‘n wortelhaar is uiters belangrik vir verdere studies in Biologie.

OPDRAG 4

Ons gaan dus gou die bou behandel.

Wortelhaar

  • Die wortelhaar dring tussen gronddeeltjies in en suig die water op wat tussenin vasgevang is. Van daar af is dit ‘n volgende plantorgaan, nl. die plantstingel, se taak om dit verder te voer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask