<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Meetkunde, datahantering en waarskynlikheid

Datahantering

Opvoeders afdeling

Memorandum

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om eenvoudige vrae te vra en databronne te identifiseer [lu 5.1]

Om eenvoudige tabelle te gebruik om data te versamel en vrae te beantwoord [lu 5.2]

Om data te organiseer en op te teken [lu 5.4]

Om die ongegroepeerde numeriese data te ondersoek en die modus, median en rekenkundige gemiddelde te bepaal [lu 5.5]

Om ‘n verskeidenheid van grafieke te teken [lu 5.6]

Om data krities te lees en te interpreter [lu 5.7.2]

***Hierdie is ‘n taak vir jou portefeulje. Lees die opdragte baie goed deur voordat jy begin!

1. Maak ‘n opname van die grootte van die skoolskoene van al die leerders in enige klas in die skool (behalwe jou eie!).

2. Stel die gegewens netjies in ‘n tabel voor.

3. Stel nou die gegewens deur middel van ‘n grafiek van jou keuse voor.

4. Bepaal die modus van die data.

5. Bepaal die mediaan van die data.

6. Bepaal die rekenkundige gemiddelde.

7. Skryf enige interessante gegewens omtrent die data wat jy ingesamel het, neer.

Assessering: Datahantering

KRITERIA KODE
1 2 3
Volledigheid Feitlik geen opdrag is uitgevoer nie. Die helfte van die opdragte is uitgevoer. Een of twee opdragte is nie uitgevoer nie. Al die opdragte is uitgevoer.
Netheid en organisasie Werk is slordig en ongeorganiseerd. Dit is georganiseerd, maar moeilik leesbaar. Dit is netjies en georganiseerd, maklik leesbaar. Dit is netjiese, duidelik uiteengesette werk; duidelik leesbaar.
Grafiek Interpretasie is feitlik onmoontlik. Data is ongeor-ganiseerd en interpretasie moeilik. Kan grafiek interpreteer, hoewel nie 100% korrek nie. Die grafiek is georden en data is sinvol aangebied. Maklik om te interpreteer.
Korrektheid van berekenings Al die antwoorde is verkeerd bereken. Baie foute is begaan. Min foute is begaan. Antwoorde is almal korrek bereken.

Assessering

Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak, en om toevallige variasies te interpreteer en te bepaal.

Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige vrae stel oor sy/haar eie skool en gesinsomgewing, en gepaste databronne vind ten einde menseregte, sosiale, politieke, kulturele, omgewings- en ekonomiese kwessies in daardie omgewing die hoof te bied;

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige dataversamelingsvelle (wat tellings vereis) en eenvoudige vraelyste (met ja/nee tipe antwoorde) gebruik om data te versamel (alleen en/of as ‘n lid van ‘n groep of span) ten einde vrae te beantwoord wat deur die onderwyser, self of die groep gevra word;

Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder data organiseer en aanteken deur gebruik te maak van tellings en tabelle.

Assesseringstandaard 5.5: Dit is duidelik wanneer die leerder ongegroepeerde numeriese data ondersoek om die telling (modus) wat die meeste voorkom, en die middelwaarde (mediaan) van die datastel te bepaal, om sodoende sentrale neigings te beskryf.

Assesseringstandaard 5.6: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid van grafieke met die hand of tegnologies teken om data voor te stel en te interpreteer (gegroepeer of ongegroepeer).

Assesseringstandaard 5.7: Dit is duidelik wanneer die leerder data wat op verskillende wyses voorgestel word (insluitend eie voorstellings, mediavoorstellings – woorde, grafieke, sirkeldiagramme), krities lees en interpreteer om sodoende gevolgtrekkings en voorspellings te maak wat sensitief is teenoor die rol van:

5.7.2: kategorieë binne die data (bv. ouderdom, geslag, ras).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask